‘n Skoot klap, bloed spat op kampus in Windhoek

Deel op

‘n Skietery op ‘n kampus in Windhoek het omstanders laat spaander.

Die skoot wat die week op die kampus van die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) geklap het, was egter glo net speel-speel.

Studente het vroeër by die instelling se hekke saamgedrom en personeel uitgesluit in Januarie omdat hulle eis dat univeristeitsfooie verlaag moet word.

Die Namibiese instellings van hoër onderwys staar tans bankrotskap in die gesig.

‘n Speelgoed­pistool van plastiek se “skoot” is nagemaak deur ‘n ballon wat gebars is, die “slagoffer” se bloed het gespat in die kammaskietery voor die biblioteek.

Omstanders het laat spaander om aan die koeëls te ontkom. Op sosiale media is wyd gegis oor wat agter die koeël gesit het, maar NUST se dramaklub sê die kampus is hulle verhoog.

Selfs paramedici wat die gewonde te hulp moes snel, was deel van die dramageselskap se plan.

“Die toneelstuk het ook gewys hoe doeltreffend en betroubaar die sekuriteitspersoneel is.”

Op NUST se Facebook-blad word paramedici-studente en die universiteit se drama­klub vir die skiettoneel bedank.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.