Ses mense is die week in Lyon, Frankryk in hegtenis geneem na twee strafekspedisies teen mense wat hulle beskuldig van die “quenelles” op die Internet, het ‘n geregtelike bron gesê.
Twee mense is reeds aangekla het die Lyon-dagblad, Le Progrès, berig.
Die “quenelle” is ‘n oneerbiedige saluut wat deur die Franse skrywer Alain Soral en die komediant Dieudonné gewild gemaak is en in Duitsland strafbaar is.
Die vigilantes, glo van die Joodse gemeenskap, het die twee strafekspedisies verlede naweek in Lyon en Villeurbanne, gelei.
Die “quenelle” word as ‘n anti-Semitiese gebaar beskou deur anti-rassisme verenigings en het gewild geraak nadat dit verskyn het op veldtogplakkate vir Dieudonné wat in 2009 aan die Europese verkiesings deelgeneem het.
Die eerste sogenaamde strafekspedisie het Saterdagaand plaasgevind rondom 23 uur, toe ‘n groep ‘n werknemer van die gewilde Mama Shelter restaurant aangeval het in die sewende arrondissement van Lyon.
Veertig mense, volgens Le Progrès, het deelgeneem aan die aanval, waarna skermutselinge uitgebreek het en traangas gegooi is. Hulle is deur sekuriteitsagente teruggedryf en die werknemer is nie beseer nie.
Die tweede aanval het Sondagaand plaasgevind in Villeurbanne. Hierdie keer het ‘n groep van ses mense ‘n man aangerand en daarna toegesluit in die kattebak van ‘n motor.
Hulle het die “oortreder” glo aanlyn opgespoor. Ses mense word daarvan verdink dat hulle deelgeneem het aan beide aanvalle.
Die aanklaer het ‘n kriminele ondersoek gelas vir “misbruik en skending van die wetgewing op wapens,” “aanhitsing tot ‘n gewapende byeenkoms” en “ernstige vrywillige geweld”, wat strafbare oortredings onder Franse wetgewing is.
Die ses persone het geen kriminele rekord nie.
Dié jongste voorval in die Lyon-area, kom nadat vier kelners wat by ‘n byderwetse kroeg werk, afgedank is omdat hulle die “quenelle” op hul perseel getoon het.
#Lyon : quatre serveurs du First mis à pied pour avoir fait "une quenelle" http://t.co/e9wo4F5oCl par @lyonmag pic.twitter.com/Px0xgslYsz
— Actualité à Lyon (@pictanews) December 23, 2013
Dit het iets van ‘n nasionale sport in Frankryk geword om Sosialistiese politici in die openbaar vir ‘n fotosessie te benader en die quenelle-saluut te gee.