Tuinroetestrande onder skuimkombers

Deel op

Ruwe seetoestande en sterk winde in die diepsee het groot hoeveelhede skuim na die kus aangedryf, het die George Herald berig.

Sedert die naweek was die meeste Tuinroete-strande onder ‘n skuimkombers bedek wat heerlike speelplek vir die kinders gebied het.

Hooggety was ook besonder hoog en het die meeste sandstrande onder water en skuim bedek.

Op Tergniet kon die muur van die getypoel nie tydens hoogwater gesien word nie en het branders tot teen die duin gespoel.

Skuim was ook by Glentana te sien en die hoogwater het in Brakkloof ingespoel.

Heroldsbaai se getypoel was ook met ‘n skuimkombers gedek, maar teen Dinsdag het baie van die skuim reeds verdwyn.

Geen skade is as gevolg van die springgety aangerig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.