Karel Combrinck: Hubert Zafke in die Duitse boendoehof

Deel op

In die stad Neubrandenburg in Duitsland is tans regsverrigtinge aan die gang teen ene Hubert Zafke wat gedurende die tweede WO ‘n verpleër in die gevangenekamp Auschwitz was.

Zafke word daarvan beskuldig dat hy aandadig was aan die gasdood van 3 681 Jode gedurende die tydperk Augustus tot September 1944.

‘n Duitse hof het reeds in 2015 beslis dat Zafke, wat 95 jaar oud is, weens sy verswakte geestelike en fisiese toestand nie tereg kon staan nie nie, maar die Nazijagters het tog wel daarin geslaag om opnuut ‘n verhoor te laat open.

Nader beskryf, lui die aanklag teen Zafke dat hy gedurende die betrokke periode teenwoordig was by die aankoms in Auschwitz van veertien konvooie met Joodse gevangenes. Daarvan word dan skynbaar afgelei dat hy van die gasvergiftiging van die Jode in die Auschwitzkamp moes geweet het en dus medepligtig was.

‘n Mens sou graag wou sien dat die hof moet kyk na die geloofwaardigheid van die getuienis teen Zafke, soos dit in elk geval ‘n hof in ‘n beskaafde regstelsel betaam. Dit sou uiteraard beteken dat hulle ook sal moet kyk na die geloofwaardigheid van die gasstorie as sodanig, waarvoor die kanse bykans nul is.

Ook beskik die hof sedert die beslissing in die Demjanjuk-saak oor die gerieflike presedent dat ‘n persoon wat van misdade teen die mensdom in die Nazitydperk aangekla word, skuldig bevind kan word, bloot uit hoofde van die feit dat hy fisies teenwoordig was op ‘n plek, bv. ‘n gevangenekamp waar misdade van hierdie aard na bewering gepleeg is, al is daar geen bewys dat hy aktief daaraan meegedoen het nie. Ivan Demjanjuk, ‘n opsigter in Duitse gevangenekampe gedurende WO2 is in 2011 op 82-jarige ouderdom vir misdade teen die mensdom verhoor en tot gevangenisstraf veroordeel. Geen direkte getuienis is gevind dat Demjanjuk wel aan misdade teen die mensdom skuldig was nie, maar hy is nietemin veroordeel omdat hy «teenwoordig» was. Hy is dood voordat hy die straf kon uitdien.

‘n Vraag wat ontstaan, is waarom mense knaend vervolg word vir misdade wat sestig, sewentig jaar gelede gepleeg is, en altyd vir min of meer dieselfde rede. In 1998 is die Fransman Maurice Papon vervolg vir «misdade teen die mensdom» wat gedurende WO2 gepleeg is. Hy was op die tydstip van die verhoor 88 jaar oud. Hy is skuldig bevind en tot gevangenisstraf veroordeel. ‘n Interessantheid van sy geval is dat hy sy lewe lank hoë poste in die Franse regering en administrasie beklee het, selfs onder die presidentskap van Generaal De Gaulle. Ten tye van sy verhoor was Papon minister van finansies. Sy oortreding was dat hy ten tye van die Duitse besetting die deportering van Jode na Duitsland gefasiliteer het. Eienaardig is dat oor al die jare wat hy hoëprofiel- openbare ampte beklee het, nooit ‘n klag van hierdie aard teen hom gelê is nie.

Die kanse is skraal dat ‘n Duitse hof nugter en onbevange na die probleme en omstandighede van die Zafke-aanklag sal kyk. Feit is dat dit in die meeste Westerse lande vandag ‘n misdaad is om historiese feite rondom die gevangenekampe, ens. te ondersoek of te bevraagteken. Die amptelike siening is dat al die feite omtrent die misdade van die Naziregime eens en vir altyd in alle opsigte bekend is en dat niks verander of weggeneem mag word nie! Wat wel toelaatbaar is, is om die «bekende» feite eindeloos te herhaal en te bevestig.

Dit is bekend dat die Duitse owerhede onder druk van die Nazijagters met byna koorsagtige ywer soek na na die laaste oorblywende ampsdraers van die Nazibewind ten einde nog vir oulaas ‘n bietjie politieke munt te slaan uit hulle vervolging voor dit te laat is, al is hulle nou al 95 jaar oud.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.