Opposisie se verkiesingsfoefies lei tot niks

Deel op

Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma wat deur Mmusi Maimane, DA-leier, ingedien is, het min kans op sukses gehad.

Die ANC in die Nasionale Vergadering het Dinsdag bankvas agter hul leier gestaan, al was hy nie teenwoordig nie.

Die mosie is met 225 teen 99 stemme verwerp, met 22 parlementslede wat buite stemming gebly het.

Dit is die tweede keer dat die DA dié verkiesingsfoefie uithaal. ‘n Jaar gelede het Maimane ’n soortgelyke mosie van wantroue teen Zuma ingedien.

Die mosie is toe met 221 stemme teen 113 verwerp nadat die EFF saam met die DA gestem het.

Die EFF het nie die mosie gesteun nie. Hulle wag glo vir die Grondwethofuitspraak oor Nkandla, ‘n saak wat die EFF teen Zuma aanhangig gemaak het.

Zuma se senioradvokaat het intussen gesê die Demokratiese Alliansie se poging om die besluit ongedaan te maak sodat hy vervolg kan word op aanklagte van korrupsie,”gaan nêrens heen nie, en is doodgebore en desperaat”.

Kemp J. Kemp het aangevoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) se weergawe van hoe die voormalige waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), Mokotedi Mpshe, by sy besluit in 2009 uitgekom het was nie irrasioneel nie en is nog nooit verkeerd bewys deur die DA nie.

Hy het gesê die DA het dit aanvanklik as ‘n administratiewe uitdaging gesien, maar die party het besef hul argument is fundamenteel gebrekkig en is nou besig om ‘n laaste desperate posisie dat die besluit was “irrasioneel” was.

Die DA het reeds R10 miljoen aan regskoste aan die saak bestee.

Die DA se hersieningsaansoek word vandag in die Pretoriase Hooggeregshof afgesluit met betoë deur die DA.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.