ANC-hoofsweep bedank skielik

Deel op

Die ANC se hoofsweep in die Nasionale Vergadering, Stone Sizani het bevestig dat hy skielik bedank het uit die Parlement om sy nuwe pos as ambassadeur na Duitsland op te neem.

Sizani beweer daar is niks onwelriekend aan sy skielike bedanking nie. Hy sê hy is verlede Donderdag skielik in kennis gestel van sy herontplooiing.

Hy sê sy herontplooiing is nie die gevolg van swak prestasie nie.

Die party se Moloto Mothapo sê: “Die feit is dat hy herontplooi is en hy moes bedank met onmiddellike effek, sodat hy sy nuwe posisie met onmiddellike effek kon betrek.”

Die voormalige hoofsweep is aan die voorpunt van president Jacob Zuma se ondersteuners in die parlement te midde van klagtes oor staatsbesteding aan sy huis op Nkandla.

In Januarie het Sizani gesê Suid-Afrika moet dieselfde wet implementeer as in Duitsland waar holocaust-ontkenners tronk toe gestuur word.

“Rassiste moet tronk toe gestuur word,” het hy aan die politieke redakteur van die Sowetan, Moipone Malefane, gesê.

Sizani, wat nege jaar lank op Robbeneiland deurgebring het, het gesê “die wittes wat ons land gesteel het, het die ekonomie vir hulself gevat en gebruik swartmense om te werk vir hulle en nog voel hulle nie dat hulle ons iets skuld nie”.

“Dit laat my bloed kook. Hulle kan nie die haat in ons verstaan nie. Hierdie idee van hulle dat ons die ander wang moet draai, is verkeerd en moet tot ‘n einde kom.”

Sizani se vrou, Portia “Pankie” Sizani, is verlede maand vrygespreek op vyf aanklagte van geldwassery in die Port Elizabeth se handelshof.

Maar sy sal haar grootste wetsuitdaging in die gesig staar wanneer sy terugkeer na die hof op 26 Junie om die res van die bedrogaanklagte teen haar, te betwis.

Sy word daarvan beskuldig dat sy die Oos-Kaapse Departement van Onderwys bedrieg het deur die skepping van spookonderwysers.

Daar word beweer dat sy salarisse deur die bankrekeninge van sommige van die onderwysers gewas het voordat sy die kontant in haar eie sak gesteek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.