Stropers se gif lei tot bewaringstragedie

Deel op

Stropers gebruik deesdae gif teen wild in Suid-Afrika se Nasionale Parke.

Die Kruger Nasionale Park (KNP) het Saterdag op ‘n olifantkarkas, 110 dooie witrugaasvoëls, twee leeumannetjies en twee jakkalse afgekom wat weens wildvergiftiging gevrek het.

Daar is nog net 1 000 aasvoël-broeipare in die Nasionale Kruger Wildtuin oor. Die meer as 100 aasvoëls wat nou vergiftig is, is ‘n bewaringstragedie.

Die olifantkarkas is gevind met geweerskote in sy kop, sy tande is verwyder en gif is daarop gekry. Aasdiere in die omgewing van die olifantkarkas is vergiftig nadat hulle van die blootgestelde dele van die karkas gevreet het.

“Dit wil voorkom asof stropers hulself tot wildvergiftiging in die Nasionale Parke en ander beskermde gebiede in Suider-Afrika gewend het en ons natuurlewe daarmee wil verwoes. Wildvergiftiging is nie net ‘n bedreiging vir ons biodiversiteitbates nie, maar ‘n enkele voorval kan honderde spesies beïnvloed,” het ‘n bestuurder van die park gesê.

Hy het gesê deur in te meng met die duur van die diere se lewensiklus, is hul ekologiese rol beïnvloed.

Verlede jaar het die Park ‘n soortgelyke voorval aangemeld waarin een olifant en vier Afrikaleeus dieselfde oorgekom het, met 46 aasvoëls en 1 Bateleur wat ook aan vergiftiging gevrek het.

In nog ‘n voorval van doelbewuste vergiftiging van rooijakkalse en ander klein roofdiere in die Addo Olifant Nasionale Park in 2014, is dieselfde werkswyse om wild dood te maak deur middel van vergiftiging, opgemerk.

Die anti-stropereenheid se vinnige reaksie het verhoed dat die uitkoms nog erger kon gewees het.

Alhoewel vergiftiging op ‘n lae vlak teenwoordig is, is dit ‘n werklike probleem in buurlande soos Mosambiek en Zimbabwe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.