Super Trump Dinsdag

Deel op

Die grootste dag van die voorverkiesingsveldtog, Super-Dinsdag, is wanneer die meeste Amerikaanse kiesers stem om hul partykandidaat aan te wys. Republikeine kon die helfte van hul afgevaardigdes kies, en Demokrate ‘n derde.

Donald J. Trump se wenveldtog het sy gewildheid oor ‘n breë spektrum beklemtoon.

Trump en Hillary Clinton het as die onderskeie voorlopers in hul partye se presidentsbenoemings uitgestaan.

Trump het tot dusver in sewe deelstate gewen in die Republikeine se benoemingstryd in vergelyking met die twee wat sy naaste teenstaander, Ted Cruz, ingepalm het.

Cruz het tydens ‘n toespraak ‘n beroep op die ander kandidaat, Marco Rubio, gedoen om aan die wedloop te onttrek en by hom aan te sluit om Trump te verslaan. Ted Cruz is van die Republikeine.

Hillary Clinton is in die Demokrate se voorverkiesings ook die duidelike voorloper en het reeds in sewe deelstate gewen.

Die miljardêr-sakeman het ondermeer Alabama, Georgia, Massachusetts en Tennessee, asook Arkansas, Vermont en Virginia ingepalm en daardeur gewys dat hy plaaslike en ideologiese verskille in die Republikeinse Party te bowe gekom het.

Die teorieë oor hoe om Trump te keer, hoop intussen op.

Sy teenstanders hoop op ‘n ineenstorting van sy ondersteuningsbasis deur na hulle as “wit gemors” te verwys of ‘n konsolidasie van anti-Trumpkiesers agter net een kandidaat.

Hierdie twee dinge wil klaarblyklik nie gebeur nie. En as dit nie binne die volgende twee weke gebeur nie, is Trump op koers om die Republikeinse benoemingstryd te wen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.