Stropers teiken Etosja

Deel op

Stropers het die Etosja Nasionale Park in Namibië geteiken met 29 karkasse wat reeds in 2016 gevind is.

Verlede jaar het Namibië 80 renosters aan wilddiewe afgestaan. Oor die afgelope 20 jaar is die Afrika-leeus, olifante, kameelperde en renosters se getalle gehalveer.

Altesaam is 34 renosterkarkasse in die eerste twee maande van 2016 gevind waarvan verreweg die meeste in Etosja. Dié skoksyfers is pas bekendgemaak.

Vyf van die 34 karkasse is volgens die Namibiese polisie se adjunk-inspekteur-generaal van operasies, genl.maj. James Tjivikua, tydens lug- en voetpatrollies in die omgewing van Klip­rivier naby Grootberg Lodge in die Kunenestreek ontdek.

Meer as 30 verdagtes is reeds in hegtenis geneem en hul vuurwapens is gekonfiskeer, maar die stropery gaan onverpoosd voort.

Volgens Tjivikua is die karkasse wat gevind is meer as een jaar oud.

Vier Namibiërs is in verband met die stroop van een renoster naby Kliprivier in Desember in hegtenis geneem en hulle word ook verbind met nog renosterstropery.

Voorts is die Chinese burger met perlemoen en renosterhorings vasgetrek.

Zhi en sy vermeende medepligtige, James Barron Wallace, is Vrydag borgtog in die Windhoekse landdroshof toegestaan.

Geen olifantkarkasse is vanjaar nog gevind nie, maar ’n Zambiese burger is in Januarie op Kongola in verband met die besit van drie olifanttande in hegtenis geneem.

Die oorsprong van die olifanttande is egter nog nie vasgestel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.