Einde van Aardklop ‘n kopseer vir swartmag-aanhangers

Deel op

Die beëindiging van die Aardklop Nasionale Kunstefees is ‘n kopseer vir kunstenaars wat dié anti-Afrikaanse platform benut het.

Die sangeres Amanda Strydom sê dat die nuus van Aardklop se beëindiging in sy huidige formaat as ’n groot skok vir die kunstenaarsgemeenskap kom.

Die akteur Paul du Toit van Binnelanders-faam, wat ook verlede jaar in die verhoogproduksie Hemelruim tydens Aardklop te sien was, het Strydom se kommer gedeel.

Die opmerkings volg na die Aardklop Stigting se raad van direkteure onlangs besluit het dat die huidige besigheidsmodel nie meer gepas is om die doelwitte van die fees te bevorder nie.

Aardklop-voorsitter, Louise Barretto, het in ’n verklaring gesê die Aardklop Stigting sal nou op nuwe, innoverende modelle fokus om die uitvoerende kunste te bevorder en ondersteun.

Luidens die verklaring sal veranderinge eersdaags bekend gemaak word.

Veteraan akteur André Stoltz verwelkom egter die Aardklop Stigting se besluit.

Stoltz sê feesgangers soek ‘n kultuur-inspuiting. “Daarna bly hulle die res van die jaar tuis en kyk televisie of DVD’s. ’n Mens moet eerder die kultuur-aktiwiteite deur die jaar versprei sodat dit ’n meer volhoubare situasie is vir teaterpraktisyns. Die hele kunstefeesmodel moet onder die loep geneem word.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.