Rassepolarisasie op UV-kampus

Deel op

Die groot ontplooiing van polisielede asook private sekuriteitswagte op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat, volg nadat chaos verlede week daar uitgebreek het.

‘n Polisiehelikopter het Dinsdag die situasie gemonitor.

Swart studente het ‘n rasseoorlog teen wittes verklaar deur wittes uit koshuise te verwilder en Afrikaanse kultuursimbole aan te val en te beskadig.

Die meeste klasse is ontwrig weens griewe van swart skoonmakers wat voorgehou is as ‘n verskoning om wittes te teiken. Studentebotsings het hoofsaaklik op ‘n rassegrondslag plaasgevind.

Alhoewel klasse hervat is by die UV-kampus, loop die onderliggende spanning nog diep.

Wit studente het die chaos as sinneloos beskryf en gesê dit het hul studies benadeel omdat roosteraanpassings en toetsvoorbereiding met die verlore week baie druk hulle plaas.

Hulle het geen simpatie met die oproeriges se lukraak griewe gehad nie.

Swart studente het die polisieteenwoordigheid skerp gekritiseer en gesê “oplossings” kan nie gevind word as daar so “baie” SAPD-lede op die kampus is nie.

Die studenteraad het Dinsdag die vredesoptog op die kampus geboikot omdat transformasie nie genoeg aandag kry nie.

Twintig studente met hulle monde toegebind betoog buite die plek waar die opgtog gehou word. Hulle sê swart studente word by die universiteit stilgemaak.

Daar was min belangstelling in die optog, alhoewel die rektor, Jonathan Jansen deelgeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.