HOP-huise ‘n inspuiting vir korrupsie

Deel op

Kali Tsotetsi, ‘n inwoner Sasolburg in die Vrystaat sê hy is mislei met die koop van ‘n HOP-huis twee jaar gelede in Zamdela.

Hy het ooreengekom om R15 000 te betaal, maar nadat hy die deposito van R2000 aan die eienaar oorbetaal het vir die huis, is hy meegedeel dat dit nie beskikbaar is nie.

“Ek het ontdek dat die eienaar dieselfde huis verkoop het aan vyf ander mense wat haar ook nog ‘n deposito daarvoor betaal het,” het hy gesê.

‘n Munisipale werker van Bethlehem, wat verkies het om anoniem te bly sê die verkoop van HOP-huise is ‘n algemene verskynsel en het gemeenskappe aangeraai om raadslede wat betrokke is by die bedrogspul, aan te meld.

Sy het ook gesê daar is ondersoeke na dié korrupsie in al die provinsies. “Dit gaan ‘n rukkie neem om by die kruks van die probleem uit te kom, maar die munisipaliteite doen hul beste om te probeer om die bedrogspul te stop.”

Die onwettige verkoop van HOP-huise is glo algemeen in die meeste munisipaliteite in die land.

Een eienaar, Thandi Malombo, is aangeraai deur die munisipaliteit om die Openbare Beskermer te nader, maar die OB wou nie ingryp nie.

Malombo van Mtubatuba sê ‘n huis wat sy ontvang het deur die Mtubatuba Munisipaliteit en wat as haar eie goedgekeur is, is deur ‘n raadslid vir R30 000 aan nuwe eienaars gesmous.

Die ANC-raadslid het die geld in ontvang vir Malombo se huis.

Die Departement van Menslike Nedersettings het voorheen in ‘n verslag gesê enigiemand wat ‘n HOP-huis besit kan dit nie verkoop voordat hulle nie daarin geleef het vir agt jaar nie.

Die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering sê prokureurs wat eienaars van HOP-huise in die provinsie help om hulle huise van die hand te sit, sal vasgevat word.

Sy sê sy ontvang maklik 20 prokureursbriewe per week wat ‘n HOP-huis te koop aanbied.

Sy het tydens die NVG se Anti-Korrupsieberaad in Bloemfontein een van dié briewe aan die media voorgehou. Hierin bied die prokureursfirma die HOP-huis te koop aan vir R10 000.

Olly Mlameli sê sy ontvang dié briewe terwyl die wet op die besit van HOP-huise bepaal dat eienaars eers hulle huise na agt jaar kan verkoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.