NERSA keur verhoging van byna 13% vir Eskom goed

Deel op

Nersa, die nasionale elektrisiteitsreguleerder, het volgens ‘n verklaring van Eskom ‘n “gemiddelde prysverhoging van 12,69% vir 2015/16 toegestaan, wat opgemaak is uit die 8% jaarlikse verhoging in die oorspronklike MYPD 3-besluit en ‘n bykomende 4,69% soos toegelaat deur die inkomsteverwerkingsrekeningsmeganisme wat deel uitmaak van Nersa se reguleringsmetodiek”.

Hierdie mondvol beteken dat Eskom ‘n verdere R11,8 miljard aan inkomste deur Nersa toegestaan is, omtrent die helfte van dít waarvoor die elektrisiteitsverskaffer aansoek gedoen het.

Die hoof van Eskom, Brian Molefe, klink ongelukkig, ondanks die groot verhoging wat minstense twee maal die inflasiekoers verteenwoordig. In ‘n verklaring sê hy:

“Eskom neem kennis van Nersa se besluit, waarin die vraag van Eskom se finansiële volhoubaarheid weereens nie opgelos word nie. Daarbenewens sal dit operasionele gevolge hê.”

“Ons neem kennis van Nersa se besluit en sal die besonderhede wat in die besluitdokument vervat is bestudeer as ons dit ontvang voordat ons oor die implikasies kommentaar lewer,” het hy verder gesê.

Volgens Molefe sal hulle hul “bes probeer om die risiko van beurtkrag te beperk, en om ‘n balans met Eskom se reeds uitgeputte balansstaat te vind”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.