SAKP weier anti-kommunis Waluś se parool

Janusz Waluś sal Dinsdag weer poog om die politieke stryd om op parool vrygelaat te word, aan te pak.

Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Michael Masutha, gebruik die verskoning dat “dialoog” met die Hani-familie en die SAKP nodig is om Waluś se vrylating te verseker.

Die 63-jarige Walus is reeds parool toegestaan deur die paroolraad, maar die minister dwarsboom die proses.

Die Pools-gebore anti-kommunis Waluś het al byna 23 jaar in die tronk deurgebring nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Chris Hani.

Pole het as buurstaat van die Sowjetunie voor 1989 swaar gely onder die verskriklike juk van kommunisme.

In 1946 is ‘n bekookte nasionale referendum gehou wat gelei het tot die nasionalisering van medium- en swaar nywerhede, en toegelaat het dat die kommuniste ‘n beslissende rol in nasionale sake speel. Dit het tot grootskaalse armoede en ellende gelei.

Waluś is saam met die voormalige politikus, Clive Derby-Lewis, tot lewenslange tronkstraf vir moord op die SAKP-leier gevonnis.

Hani is buite sy huis in Boksburg in 1993 doogeskiet. FW de Klerk het dadelik ‘n boodskap van meegevoel aan die SAKP gestuur waarin hy die dood van Hani betreur het.

By Hani se begrafnis het sy medekommuniste hom egter geloof dat hy juis nie ‘n “man van vrede” was nie.

Waluś gaan die hof versoek om die minister se besluit te hersien nadat hy die parool geweier het, en met ‘n hofbevel probeer dwing om hom vry te laat soos die paroolraad aanbeveel het.

Waluś en Derby-Lewis is albei skuldig bevind op aanklagte dat hulle beplan het om die kommunis Hani te vermoor.

Derby-Lewis het verlede jaar mediese parool ontvang ná ‘n bitter stryd met die SAKP, maar moet sy laaste dae onder huisarres deurbring.

‘n Vorige minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het Waluś se paroolaansoek in 2011 afgekeur.

Waluś is aanvanklik die doodstraf opgelê, maar dit is tot lewenslange tronkstraf gewysig toe die doodstraf ná die ’94-verkiesings afgeskaf is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.