Valke gereed om Pravin Gordhan te vervolg

Deel op

Pravin Gordhan, minister van finansies, gaan deur die Valke vervolg word, alhoewel dit steeds ontken word.

‘n Geheime “inligtingsnota” wat City Press gelek is, dui daarop dat senior regeringsamptenare ingelig is oor Gordhan se betrokkenheid by ‘n onwettige ondersoekeenheid binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in 2007.

Gordhan en sy ondersteuners is onthuts dat die staat ’n dienende minister in hul visier het.

Die Valke is ingeroep nadat die huidige SAID-hoof, Tom Moyane, ’n klag by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien het.

Die Gordhan-faksie sê dit is die tweede poging om die departement te ondermyn wat volg op Zuma se skielike afdanking van die minister van finansies.

Eerw.Thabo Makgoba, Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, het in ’n verklaring gesê: “Die stryd om die gebruik van openbare geld, wat tans in die regering woed, kan nie alleen as ’n faksiegeveg in die regerende alliansie beskou word nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.