Rouxville-plaasmoord verdagtes voor

Deel op

Die saak teen twee swart verdagtes wat ‘n algemene praktisyn en boer van Rouxville in die Vrystaat wreed vermoor en sy vrou ernstig aangerand het, verskyn na verwagting Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein.

Thabang Jordaan en Ngalekile Zamayo word daarvan aangekla dat hulle Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia, op hul plaas langs die Caledonrivier wreed aangeval het.

Hy is op die toneel dood verklaar, terwyl Cecilia kritieke beserings opgedoen het.

Jordaan en Zamayo staar aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en voertuigdiefstal in die gesig. Hulle bly in aanhouding.

Dié moord wat die Vrystaat geskok het, is maar een van talle in die stygende aantal moorde van blankes hierdie jaar in Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.