Regering dank duisende spookwerkers af

Deel op

Die Nigeriese ministerie van finansies het aangekondig dat hulle miljoene gespaar het deur van meer as 20 000 “spookwerkers” op die staat se betaalstaat ontslae te raak.

Diegene wie se name van die betaalstaat verwyder is, is net ’n “persentasie” van “denkbeeldige personeel” wat maandelikse salarisse ontvang het.

Dit beklemtoon voorts die groot­skaalse ­korrupsie in Afrika se grootste ­ekonomie, het AFP berig.

“Die salarisrekening vir Februarie 2016 is met 2,293 miljard naira ($11.53 miljoen) verminder,” het ’n raadgewer van die ministerie van finansies, Festus Akanbi, in ’n verklaring gesê.

Akanbi sê die strenger betaalstaat-­regulering sal Nigerië se begroting die nodige inspuiting gee.

Weens die skerp daling in globale oliepryse huiwer die Nigeriese ekonomie op die rand van ‘n ineenstorting.

Die Nigeriese president, Moehammadu Boehari, het in Desember ’n rekordbegroting aangekondig en belowe om ekonomiese groei te stimuleer en infrastruktuurprojekte van stapel te stuur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.