Winnie en apartheidstamhoof veg saam vir Qunu-huis

Deel op

Die AbaThembu koninklike familie wil buite die hof skik met Winnie Madikizela Mandela oor Mandela se huis in die gewese Transkei.

Hulle vra dat sy haar twis met oudpresident Nelson Mandela se familie buite die hof besleg. Sy word intussen daarvan verdink dat sy verklarings vervals het.

Die oudpresident se gewese vrou is van plan om sy testament Maandag in die Hooggeregshof in Mthatha uitmekaar te trek omdat die huis op Qunu in die Oos-Kaap opeis.

Madikizela-Mandela voer aan dat sy ingevolge gewoontereg die wettige eienaar daarvan is, maar die oud-terroris het destyds die huis aan sy derde vrou, Graca Machel, nagelaat.

Winnie se regsverteenwoordiger, Mvuzo Notyesi, sê hy is tevrede dat die regters wat die saak sal aanhoor, van ander dele van die land afkomstig is en nie van die Oos-Kaap nie.

Winnie het ‘n uitval gehad met Dikgang Moseneke en Themba Sangoni, twee van die drie eksekuteurs van die Mandelaboedel oor die Qunu-huis.

Betrekkinge tussen Moseneke en Madikizela-Mandela was nie altyd gespanne nie, want die adjunk-hoofregter het haar op versoek van Mandela in die Stompie Seipei-moordverhoor verteenwoordig.

‘n Oos-Kaapse stamhoof het in ‘n beëdigde verklaring Madikizela-Mandela se bewering gestaaf dat die grond waarop die eiendom gebou is, aan haar behoort.

Die stamhoof Zwelidumile Mbande, is van die Mthentu Administrasie.

Die AbaThembu koninklike familie het Winnie egter herhaaldelik versoek om nie die kwessie deur die howe te voer nie, maar om buite die hof te skik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.