Minstens een persoon is beseer in faksiegeweld tussen ANC-ondersteuners op ‘n partysaamtrek in Durban terwyl die polisie teenstanders uit die stadion in Claremont verwyder het.
‘n Gedeelte van die skare het oproerig geraak toe die streekvoorsitter, Zandile Gumede, die podium bestyg het, het RSG berig.
‘n Gestoeiery het uitgebreek voordat die groep verwyder is. Die ANC se provinsiale voorsitter, Sihle Zikalala, het in sy toespraak die onlangse geweld veroordeel, insluitende die afbrand van ‘n raadslid se huis op Shakashead.
Zikalala het die versekering gegee dat die ANC sy sake op ‘n behoorlike manier sal hanteer en gesê diegene met probleme moet na die ANC toe kom en dit daar kom stel.
Hy het gewaarsku teen betogings en geweld.