Blade sê Afrikaans moet weg

Deel op

Lesings sal na verwagting vandag by die Universiteit van Pretoria hervat word.

Streng veiligheidsmaatreëls geld op die UP-kampus wat na ‘n week van geweld weer vanoggend heropen.

Georkestreerde geweld het die Tukkie-, Kovsie en Mahikeng-kampusse verlede week in chaos gedompel toe agente dmv verskeie kwessies soos onder meer Afrikaans as onderrigtaal en uitkontraktering opstand aangemoedig het.

Blade Nzimande, die minister van Hoër Onderwys, het intussen gewaarsku oor ‘n moontlike rassekonfrontasie by universiteite indien die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal voortgaan.

Nzimande het die media na ‘n vergadering met die bestuur van die instelling toegespreek.

Tydens ‘n vergadering die naweek tussen Nzimande, die visekanselier van UP, Cheryl de la Rey en studenteleiers is ooreengekom dat akademiese bedrywighede hervat moet word.

Die geweld, wat vermoedelik deur die EFF gelei word, het verlede week daartoe gelei dat dié party byna ‘n oorname van tersiêre instellings bewerkstellig het, omdat die ANC en SAKP hul optrede uit rassesolidariteit gesteun het.

Praag het ‘n onderhoud met ‘n lid van die ANC gevoer by UP waarin hy die EFF-optrede goedpraat.

Die ANC se sekretaris in Gauteng, Hope Papo sê egter die heropening van die universiteit word deur die alliansie steun.

Hulle het ook ‘n beroep op die universiteitsbestuur gedoen om hulle pligte uit te voer en menselewens en eiendom te beskerm.

Studente van die EFF, het uit ‘n vergadering tussen Nzimande, die bestuur van die Universiteit van Pretoria en studenteverteenwoordigers in Johannesburg gestorm.

Nzimande het op die vergadering die opponerende groepe gevra om in gesprek te tree om oplossings vir probleme te probeer vind en dat die instelling onmiddellik heropen word.

‘n Woordvoerder van die EFF se studenteliggaam, sê egter hulle sal toesien dat die universiteit nie heropen nie.

Die EFF sê hulle wil met die bestuur onderhandel anders sal hulle nie toelaat dat die akademiese program voortgesit word nie.

Nzimande sê hy is nie verras deur die uitstappery nie, omdat die EFF se studenteleiers met vooropgestelde idees na die vergadering gekom het.

Hy sê die leiers moet besef at hulle met die leiers van die toekoms te doen het en die hoop uitgespreek dat die groep uiteindelik oor hulle optrede sal besin.

Die ondervoorsitter van die SAKP, Thulas Nxesi, sê universiteite se bestuur behoort beslissend op te tree teen elemente wat daarop uit is om kampusse van hoër onderwys in terreine van geweld en vandalisme te omskep.

Nxesi sê hulle kan nie die venietiging van eiendom en dreigemente tot mense se lewens duld nie en het die polisie gevra om die lewens van studente, personeel en werkers te beskerm. Hy sê kriminele dade moet gevolge hê.

Verskeie universiteite is verlede week gesluit nadat groepe studente met mekaar slaags geraak en eiendom beskadig is.

By die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein is 20 studente weens die gewelddadige betogings in hegtenis geneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.