Pukke kry hofbevel teen betogers

Deel op

Die Universiteit van Noordwes het ‘n Hooggeregshofbevel verkry om die ontwrigting van akademiese bedrywighede op sy kampus op Potchefstroom te verbied.

Studente wat bande het met die EFF, en skoonmakers het Vrydag op die kampus betoog. Chaos het op die universiteit se Mahikengkampus uitgebreek toe veiligheidswagte en studente gebots het.

Die kampus is sedertdien gesluit.

Akademiese en administratiewe dienste op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus sal vandag voortgaan.

Om dit verseker is ‘n hofbevel ook bekom om enige protesaksie deur betogers op dié kampus te verhoed. NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die bevel verbied enige vorm van ontwrigting of inmenging op die kampus.

Jacobs sê dit kom nadat daar Vrydag onwettige protesaksies op dié kampus asook by die NWU se Institisionele kantoor was. Rommel is deur betogers gestrooi, maar geen eiendom is beskadig nie. Niemand is ook beseer nie.

Jacobs sê sekuriteit is opnuut verskerp.

Intussen bly die NWU se Mafikeng-kampus onbepaald gesluit na gewelddadige betogings verlede week uitgebreek het.

Jacobs sê die kampusbestuur moet met oplossings kom sodat die kampus weer ten volle funksioneer.

Studente gaan nie elders gehuisves word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.