EFF dreig om UV-lesinglokale te beset

Deel op

Oproerige swart studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) dreig steeds om klasse Maandag te ontwrig.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, het bevestig dat alle akademiese en administratiewe dienste op die Bloemfontein- en Suid-kampusse vandag hervat nadat die kampus verlede week weens gewelddadige betogings gesluit is.

OFM-nuus het egter inligting van ‘n student ontvang dat die UV nie toegelaat kan word om te heropen nie totdat daar aan hul eise gehoor gegee is. Sy sê veral groot lokale gaan vandag geteiken word.

Die SR-president, Lindohuhle Ntuli, was nog nie vanoggend beskikbaar vir komentaar nie. Geweld het verlede Maandag uitgebreek toe betogers ‘n Varsitybeker-rugbywedstryd ontwrig het.

Studente wat bande het met die EFF sê hulle sal toesien dat die universiteite nie heropen nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.