Karel Combrinck: Die A-woord!

Max Du Preez maak die bewering dat «wit Afrikaners» «ongemaklik» voel oor sg. Portugees-Maleisiese invloed op ons taal. Wat Portugees-Maleisies beteken, weet die hemel alleen. Of liewer, die hemel weet, bygestaan deur Max Du Preez.

Maar hierdie versinsel het ons reeds elders bespreek. Wat my persoonlik veel meer ongemaklik stem as vreemde invloede op ons taal, is die onophoudelike geteem oor apartheid, en veral apartheid soos dit deur linksdekadente propaganda aan die wêreld opgedis word.

Een van die onsinnighede wat herhaaldelik deur die linksliberale media kwytgeraak word, is dat apartheid ‘n vorm van nazisme sou wees, ‘n vergelyking wat, objektief beskou, net nie opgaan nie

Soos die Naziperiode vir die Duitsers, is apartheid nou eenmaal ‘n doring in die vlees van Afrikaners wat ons waarskynlik nooit sal kan verwyder nie, maar waaraan ons van tyd tot tyd net ‘n bietjie salf kan smeer. Benewens hierdie aspek en die feit dat daar oor die Naziperiode net soveel, of selfs meer, onwaarhede verkondig is as oor apartheid, is daar werklik weinig ooreenkoms tussen die twee stelsels.

Wat meer sinvol sou wees, is ‘n vergelyking tussen die gedragspatroon van die Duitse volk in die tydperk na die beëindiging van nazisme en dié van die Afrikanervolk na die bëeindiging van apartheid, want in daardie opsig is daar wel raakpunte.

Beide die Duitse en die Afrikanervolk het as verloorders uit die stryd getree. Beide probeer om werklike of vermeende onregte van die verlede goed te maak deur skuldgevoeloens, selfblaam, kruipery en boetedoening van allerlei aard en selfs ‘n mate van selfhaat. Maar daar hou die vergelyking ook op. Die Duitse volk het weens sy groter getalle en ‘n homogene bevolking minstens die kans gehad om as volk te herlewe, as hulle wou, terwyl die kanse vir die herlewing van die Afrikaner as volk so te sê nul is.

Miskien omdat dit moeilik sal wees om oor die Nazirekord veel positiefs te sê, uit watter oogpunt ‘n mens dit ook wil beskou, neem die Duitsers in die algemeen die houding in om hulle nie teen linkse propaganda te verdedig nie. Hulle het die krag, die kennis, die argumente en die finansiële vermoë om dit te doen en sou ‘n leierskapsrol kon speel om die versinsels van die linksliberale media hok te slaan, maar hulle verkies om dit nie te doen nie. Dis jammer.

‘n Paar jaar gelede het ‘n Duitsvervaardigde rolprent oor die tweede wêreldoorlog die rondte gedoen: Das Boot. U onthou nog? In ‘n stadium sing die duikbootbemanning «It’s a long long way to Tiperary». Matrose wat in die Naziperiode «It’s a long long way to Tiperary» op ‘n Duitse duikboot sing ! So reg na die hart van DimWim van Stellobotomie. En natuurlik, het die Duitse media in die na-oorlogse jare nogal kans gesien om ook hier en daar ‘n klip op apartheid te gooi, al is dit dalk net in ‘n poging om sodende in «respektabele» geselskap te verkeer.

Eersdaags verskyn nog ‘n Duitse rolprent getiteld, «Fritz Bauer, ‘n Duitse held». Die rolprent het die subtitel : «As jy jou land wil red, moet jy hom verloën». Die opsomming van die rolprent lui soos volg: In 1957 verneem regter Fritz Bauer dat Adolf Eichmann in Buenos Aires skuilhou. Die Duitse howe verkies om die aangeleentheid oor die hoof te sien. Fritz Bauer besluit om die Israeliese geheimediens, die Mossad, se hulp in te roep…

Het ons as Afrikaners al net so laag gedaal? Sekerlik staan Adriaan (vrotvisverstand) Vlok se
voetewasuitstappie en die heksejag op dr Wouter Basson nie ver terug nie.

Nazisme het ongekende lyding en ellende oor die Europese beskawing gebring wat met niks anders in die geskiedenis vergelyk kan word nie, behalwe miskien met die prestasies van Kameraad Josef Stalin en Mao TseDong. Dit gaan nie net om die lotgevalle van die Jode nie, hoewel dit die aspek is waaraan die linksliberale media die meeste aandag gee. Dit gaan oor ‘n beraamde 60 miljoen militêre slagoffers wat in hierdie bloedige stryd hulle lewens ingeboet het. As die slagoffers van oorlogverwante oorsake soos siektes en hongersnood bygetel word, is die syfer 80 miljoen. Duitsland self het ongeveer 10 miljoen mense verloor. Europa is deur hierdie rampspoedige oorlog op sy knieë gebring en militêr, polities en moreel, onherroeplik verswak sodat dit vandag weinig meer is as ‘n Amerikaanse skoothondjie. Die twee wêreldoorloë, maar veral die tweede, het inderwaarheid die siel uit Europa geruk.

‘Watter soort «apartheid» is dit wat swartes aankarwei na plekke waar hulle nooit tevore was nie, plekke waar hulle nou, op grond van hulle nambas alles opeis waarop hulle hulle hande kan lê?’

Tagtig miljoen slafgoffers. Daarenteen staan die syfer wat die linksliberales graag noem vir die aantal mense wat sedert sy ontstaan in 1948 tot met die oorgawe van 1994 «as gevolg van apartheid» dood is, op 30 000. Tydens die verhore van die Waarheids- en Versoeningskommissie van 1997 is getuienis deur die Menseregtekommissie (Human rights Commission-HRC) voorgelê dat tussen 1948 en 1989 toe die ANC amptelik «ontban» is en waarna daar nie meer sprake van apartheid was nie, 7 000 mense hulle lewens «weens apartheid» verloor het. In die tydperk na 1989 tot en met 1994, d.w.s. na die beëindiging van Apartheid is 14 000 mense in politiek verwante geweldpleging oorlede waarvan 95% die gevolg was van swart-op-swart geweld. Dit kan ook maar vergelyk word met die bykans 40 000 witmense wat sedert 1994 op plase en in stedelike gebiede vermoor is, maar soos dinge is, raak die wêreld nie juis daaroor opgewonde nie.

Duidelik was apartheid nie die skrikbewind wat anti-Afrikaanse propaganda die wêreld wou laat glo nie, in elk geval niks wat in graad of omvang met die Nazibewind vergelyk kan word nie. ‘n Boek sal nodig wees om die redes vir hierdie beeld omtrent die Afrikaner volledig te ondersoek. Sekerlik is onder die oorsake skynheiligheid, anti-Afrikanerpropaganda oor ‘n lang tydperk, veral deur die Engelse pers en die Engelse kerk, politieke muntslanery, sondeboksoekery, eie-gewete-sussery, perverse, sieklike en selfvernietigende humanisme, gedienstigheid aan modes en ideologie, afguns, ens, ens. ‘n Suksesvolle, witbeheerde staat midde-in Afrika was ‘n situasie wat die linksliberale engeltjies net nie kon toelaat nie

In teenstelling met sy drogbeeld het die Nasionale Partyregering toegelaat dat derduisende swartes vorige blanke gebiede binnesypel as plaasarbeiders, huisbediendes en wat nog. Watter soort «apartheid» is dit wat swartes aankarwei na plekke waar hulle nooit tevore was nie, plekke waar hulle nou, op grond van hulle nambas alles opeis waarop hulle hulle hande kan lê? Op die lang termyn was hierdie tweeslagtigheid van die Nasionale Partybewind ons ondergang. Die ondergang van apartheid was nie die onmenslikheid daarvan nie, maar die lukraak manier waarop dit toegepas is. ‘n Amerikaner het my op ‘n keer probeer beledig deur die apartheidsregering te beskryf as «a bunch of wonky Nazis». (Lamlendige Nazi’s). Die beskrywing was nie van alle waarheid ontbloot nie.

Vergeleke met die Westerse wêreld se moderne geskiedenis was apartheid inderwaardigheid ‘n gematigde stelsel. ‘n Belangrike aspek van die apartheidsbestel was dat dit, reëlreg in teenstelling met die Nazi’s, ‘n sterk Christelike onderbou gehad het. Miskien was dit nog ‘n paradoks van die stelsel, maar in elk geval, so was dit. Deur die geskiedenis het die Aftrikaners geglo, ten regte of ten onregte, dat hulle ‘n leierskapsrol en ‘n roeping gehad het om die Christelike beskawing na Suid-Afrika te bring. Hierdie is nog ‘n aspek wat deur die siniese linksdekadentes uitgebuit is : «Julle gee voor om Christene te wees, hoe kan julle al hierdie verskriklikhede pleeg ?» Of die Afrikaner onder enige verpligting verkeer het om die christelike, of enige ander beskawing na die swartes te bring, is ‘n ope vraag. Te oordeel aan die huidige situasie by Suid-Afrikaanse universiteite, het hulle in elk geval hulle tyd gemors.

Ook is dit eienaardige «Nazi’s » wat honderdduisende huise vir swartes landswyd opgerig het. Die huise was ekonomies en eenvoudig, maar was ligjare meer menswaardig as die sinkplaatkrotte wat oor die afgelope dekades op die Kaapse vlakte verrys het, die trotse monument van die ANC-regime wat eufories deur die dekadente Westerse wêreld besing word. Hospitale en klinieke is ook landwyd opgerig waaronder bv. die Baragwanathhospitaal in Soweto, die derde grootste hospitaal ter wêreld. Dieselfde geld derduisende skole vir swartes wat oor die hele Suid-afrika verskaf is, asook ‘n halfdosyn universiteite. Daarbebewens het die apartheidsperiode ‘n reusagtige bydrae gemaak om die land te ontwikkel van ‘n piesangrepubliekie in 1948 tot ‘n moderne nywerheidsland wat werksgeleenthede en ‘n heenkome gebied het aan miljoene.

Die universiteite is ‘n goeie voorbeeld van’n geval waar die Afrikaner gepoog het om ‘n konstruktiewe rol te speel op christelike grondslag en waar hulle inteendeel meegehelp het om hulle eie graf te grawe. So ‘n fout sou die Nazi’s nie maak nie. Die swart universiteite het mettertyd, so te sê sonder uitsondering, tot broeikaste van die rewolusie ontwikkel. Aan die Universiteit van Fort Hare alleen het Nelson Mandela, Robert Mugabe, Oliver Talmbo en Chris Hani gestudeer. Die Universiteit van die Weskaap het met verloop van tyd ontaard in ‘n volbloednes van kommunistiese ondermyning, maar tog het die universiteit, apartheid se skepping, in die apartheidsjare waarskynlik ‘n hoër akademiese standaard gehandhaaf as die Universiteit van Stellenbosch vandag. Maar dit sê natuurlik nie veel nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.