VSA beplan lugaanvalle op Libië

Deel op

Die Verenigde Nasies sê alle partye in die Libiese konflik is waarskynlik skuldig aan oorlogsmisdade, insluitende marteling, verkragting en die moord op gevangenes.

Die VN het die internasionale gemeenskap gevra om meer te doen om die skuldiges te laat vervolg.

‘n Verslag wat pas bekendgestel is, en fokus op vergrype in Libië tussen 2014 en 2015 sê die situasie het drasties in dié tydperk verswak.

Die regstelsel in die land het ook in duie gestort.

Die VN sê die Internasionale Strafhof behoort in staat te wees om ondersoeke uit te voer en beskermingsprogramme vir getuies behoort ook ingestel te word.

Intussen wag Siriese rebelle en burgerlikes vir die aankoms van ’n noodbystand-konvooi van die Siriese Rooi Halfmaan en die Verenigde Nasies in die beleërde Kafr Batna asook Moadamiyeh.

Dit is in rebelle-hande en aan die buitewyke van Damaskus geleë.

Washington en sy NAVO-bondgenote, Brittanje, Frankryk en Italië, het intussen militêre optrede na Libië verskuif.

Die Amerikaanse lugmag het verlede week op ‘n beweerde ISIS-oefenkamp wes van Tripoli aanvalle uitgevoer, het die Obama-administrasie gesê en bygevoeg dat meer sulke lugaanvalle beplan word.

Verskeie verslae dui ook daarop dat die VSA voorbereiding tref vir ‘n groot militêre inval in Libië.

Ontleders meen Libië sal die broodnodige afleiding vir Washington se rampspoedige koverte oorlog in Sirië verskaf.

Die konflik het vir 4,6 miljoen vlugtelinge gesorg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.