Marcos-Aquino stryd woed in die Filippyne

Deel op

Die Filippynse pres. Benigno Aquino, het kiesers dié week gewaar­sku om ’n einde te maak aan die merkwaardige­ politieke opgang van die familie van die ouddiktator, Ferdinand Marcos, 30 jaar ná ‘n populistiese opstand hom tot ’n val gebring het.

Die verkiesingsveldtog is die laaste hoofstuk in ’n byna Shakespeariaanse drama van onmin tussen die Aquino- en Marcos-familie, het AFP berig.

Menseregtegroepe sê tienduisende mense is in die tronk gegooi en mishandel tydens die 20-jaar lange bewind van die ouer Marcos en die regering beraam dat die familie US$10 miljard uit die staatskoffers geplunder het.

Meningsopnames toon dat jonger kiesers waar­skynlik in Mei die charismatiese en onberouvolle Ferdinand Marcos jr. sal help om as visepresident verkies te word.

“Marcos se bewind was nie ’n goue era nie. Dit was ’n pynlike hoofstuk in ons geskiedenis,” het Aquino nagenoeg 3 000 studente en staatsamptenare by ’n seremonie ter herdenking van die 1986 opstand, meegedeel.

Aquino se oorlede pa en naamgenoot is deur pro-Marcos-soldate en polisie op Manila se lughawe doodgeskiet tot hy in 1983 probeer het om uit ballingskap uit Amerika terug te keer en die opposisie teen die diktator te lei.

Openbare woede oor die moord het die rewolusie ontketen. Dit is gelei deur die vermoorde martelaar se vrou, Corazon Aquino.

Die rewolusie het die Marcos-familie in ballingskap na Amerika gedryf toe Corazon aan bewind gekom het.

Die Marcos-patriarg is drie jaar later in Hawaii oorlede.

Die Marcos-familie is in die vroeë 1990’s toegelaat om terug te keer na die Filippyne en die omstrede matriarg, Imelda, het ’n merkwaardige politieke terugkeer vir haar en haar kinders bewerkstellig.

Die familie het meestal plaaslike posisies in hul tuisprovinsie beklee totdat Marcos jr. in 2010 ’n senaatsetel gewen het en ’n platform gekry het vanwaar hy sy stryd kon begin om tot die tweede magtigste posisie in die land verkies te word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.