Swart studente wat geboue afbrand wil na wit kampusse

Deel op

Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) moet ‘n ondersoek loods na die lewensvatbaarheid van studente se eise dat hulle vanaf die Mafikeng-kampus na die instelling se twee suster-kampusse oorgeplaas word.

Die Suid-Afrikaanse Studentekongres (SASCO) se taksekretaris in Noordwes, Dingaan Lorathu, se kommentaar volg nadat die Mafikeng-kampus onbepaald gesluit is ná Woensdag se gewelddadige studentebetoging waarin twee geboue aan die brand gesteek is.

Volgens Lorathu hou die sluiting van die kampus ernstige gevolge vir studente in, en moet die bestuur bepaal of hulle op Potchefstroom en in die Vaaldriehoek geakkommodeer kan word.

Die geskorste SR-leier, Benz Mabengwane sê studente hoop dat hul griewe aangespreek sal word wanneer hulle terugkeer.

Hulle sê hulle is ontevrede oor hul skielike uitsetting.

“Ons is veronderstel om ons eerste jaar te geniet, so ons weet nie, ons moet nou net huis toe gaan.”

Sekere studente ontken nou dat ontevredenheid oor die nuwe SR-bestuur tot die geweld en brandstigting gelei het en sê hulle griewe is baie “diep”.

Hulle beweer die rede dat hulle twee geboue afgebrand het is omdat hulle Afrikaans moet hoor.

Pres. Zuma het die universiteite versoek om gehoor te gee aan die vandale se eise.

Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Mduduzi Manana sal vandag met die bestuur van Noordwes se Mahikeng-kampus vergader.

Minstens drie studente is beseer. Veiligheid by die hoofingang is verskerp en die situasie is tans kalm.

Oproepe neem toe vir die visekanselier, Dan Kgwadi om te bedank. Manana sal na verwagting onder meer dié kwessies aanspreek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.