‘Keniane is ervare misdadigers’

Deel op

Keniane is “ervare met diefstal en pleeg van ander misdade” het hul president tydens ‘n staatsbesoek aan Israel verklaar.

Uhuru Kenyatta het bygevoeg dat Kenia “20 keer meer wonderlik” is as Israel, maar “al wat ons ooit kan doen is kla”.

Sy kommentaar is glo ‘n poging om Keniane aan te moedig om hul land te ontwikkel, soos Israel glo reggekry het.

Kenyatta het hand geskud met die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, op ’n gesamentlike mediakonferensie in Jerusalem.

Hy het vandeesweek ’n staatsbesoek aan Israel gebring met verskeie samewerkingsooreenkomste wat tussen Kenia en Israel gesluit is.

Daar is egter baie Keniane wat glo dat die president se toespraak net leë retoriek is, en dat hy nie ernstig is oor die aanpak van korrupsie of etniese verdeeldheid nie.

Hulle kla dat etnisiteit bepaal of hulle in die regering werk kry, en omkopery en korrupsie is aan die orde van die dag.

Kenyatta is vroeër beskuldig deur die Internasionale Strafhof (ICC) van misdade teen die mensdom omdat hy na bewering etniese geweld tydens die verkiesing in 2007 aangemoedig het, waarin meer as 1200 Keniane omgekom het.

Maar die saak is laat vaar in 2014 na die aanklaer se kantoor gesê het hulle het nie genoeg bewyse teen hom nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.