Götterdämmerung: ‘Black Lives Matter’ in Suid-Afrika?

Baie is al gesê en geskryf oor die voortslepende gewelddadige optrede van verskeie studente- en werknemerorganisasies op die kampusse van tersiêre inrigtings in Suid Afrika. Daadwerklik is daar weinig van hierdie instansies wat dit kon vryspring en word onderrig en aktiwiteite lamgelê deur ontwrigtende en gewelddadige optrede. Dit blyk ook hoofsaaklik voorheen “wit” inrigtings te wees wat geteiken word, hoewel die Mafikengkampus van die Noordwes-universiteit gisteraand afgebrand is. Dat liberale inrigtings wat voorheen die blanke ondergrawe het dieselfde mate van ontwrigting ervaar, kan dalk leedvermaak tot gevolg hê.

#RhodesMustFall, #FeesMustFall, #AfrikaansMustFall, #OpenStellenbosch, #ReformPUK – daar blyk ‘n nuwe slagspreuk te wees elke liewe dag wat een of ander grief van die studente en werkers uitdruk. Daar is blykbaar net twee konstante aan die hele sage – die EFF se betrokkenheid (en bereidwilligheid om militante, radikale en gewelddadige taktiek te gebruik om hulle sin te kry) en dat die lys van griewe heel moontlik oneindig is. Daar is ‘n totale afwesigheid van leierskap – bestuurslui in die akademie blyk ruggraatloos en ontman te wees. Dit is wat gebeur wanneer mense ‘n afgesonderde en bysiende lewe handhaaf terwyl hulle agter die mure van akademiese instellings verskans is. Die Minister van Hoër Onderwys is blykbaar AWOL en daar blyk ‘n goeie rede te wees daarvoor – maar nie die rede wat ‘n redelike mens sou verwag nie.

Dít waaroor geween word, blyk op die oog af die kruks uit te maak van die betrokkenes se griewe. Wat mense, met die uitsondering van ‘n klein groepie, nie kan (of wil) waarneem nie is dat die griewe maar net ‘n piepklein gedeelte van die totale strategie uitmaak en dat die mikpunt iets heel anders is. Die Amerikaners het ‘n goeie beskrywing hiervoor: “end game”.

Om ‘n aanduiding te kry van wat hierdie spesifieke mikpunt is, verwys ek na Praag se berig aangaande Reform Puk se brief aan rugbyafrigters verbonde aan die Noordwes-universiteit. Die volgende woorde is prominent op die briefhoof “Black Lives Matter: No Varsity Cup Rugby on Monday”. Hierin lê die sleutel. Hoe afgesonder ons ons ook al ag hier aan die suidpunt van Afrika, gebeur dinge nie in ‘n lugleegte nie. Daar is ‘n duidelike verbintenis tussen wat aan die gebeur is in Suid-Afrika en gebeure in die VSA met die Black Lives Matter-beweging.

Om die verbintenis te verstaan, moet ons begin by die Black Lives Matter (BLM)-beweging in die VSA. Soos ek reeds hier aangedui het, is alles nie pluis met hierdie beweging nie en word baie verskans agter verskeie skynorganisasies. Die volle ontleding en blootstelling van BLM kan hier gelees word. Kortom, het James Simpson, Trevor Loudon en Matthew Vadum die netwerk agter Black Lives Matter oopgekrap en ‘n addernes van kommuniste, linkse radikale en “queer” aktiviste ontbloot. Deur eenvoudig die geld te volg, is die skakels tussen verskeie organisasies vasgestel.

Kenmerkend speel geld en mag ‘n prominente rol in alles wat gedoen en gesê word – veral waar kommuniste betrokke is.

Die oorsprong van Black Lives Matter (BLM) kan so ver as die hippie-tydvak en radikale aktiviste – onder andere die Weather Underground en die Black Panthers – van die 1960’s teruggespoor word. Noel Ignatiev (‘n lid van die radikale Provisional Organizing Committee to Reconstitute the Marxist-Leninist Communist Party (POC) binne die Amerikaanse Kommunisteparty (CPUSA)) is die argitek van verskeie van die slagspreuke en ideologiese tameletjies wat vandag gebruik word deur BLM. “Wit bevoorregting” (White Privilege) en die standpunt dat swartes nie rassisties kan wees nie is sekerlik van die mees wyd verspreide en irriterendste van almal. (Hierin het Ignatiev en Franz Fanon ‘n gelyke sienswyse gehad). Hierdie stellings het geen grondigheid nie maar word vir soetkoek opgevreet deur die lumpenproletariaat.

Figure agter BLM (sien skakel bo) verteenwoordig verskeie organisasies wat sosialisme en/of kommunisme bevorder. Die Freedom Road Socialist Organisation (FRSO), Democratic Socialist America (DSA), Committees of Correspondence for Democracy and Socialism (CCDS), ACORN (wat na verkiesingsbedrog vir Obama in 2008 en 2012 herdoop is onder verskeie name), ACLU en Southern Poverty Law Centre (SPLC) en andere is almal organisasies wat deel vorm van ‘n netwerk wat ten doel het om die Amerikaanse stelsel omver te werp en te vervang met ‘n marxisties-leninistiese tipe kommunisme. Hierdie organisasies speel beide organiseerder en fasiliteerder vir BLM wat die vloei van geld vanaf donateurs beheer. Hierdie donateurs is ‘n diverse klomp – vanaf George Soros tot en met Ford en Kellogs. Soos my goeie vriend ToxiNews al verskeie keer uitgewys het, is daar weinig verskil in die doelstellinge van kommuniste en superkapitaliste (crony capitalists) . Die sienswyse van BLM is om soveel chaos en anargie te bewerkstellig dat ‘n uiteindelike burgeroorlog onafwendbaar is. Om hierdie doel te bereik, word verskeie gewelddadige organisasies o.a. The New Black Panthers en Nation of Islam ingespan.

Die hele BLM is ‘n netwerk van frontorganisasies wat direk teruglei na die POC binne die CPUSA.

Die taktiek wat gebruik word deur BLM, veral by Amerikaanse tersiêre inrigtings, is in pas met dít wat hier by ons aan’t gebeur is. Dis pynlik om te erken, maar slegs Leopold Scholtz het hierdie ooreenkoms waargeneem terwyl die bestuur van universiteite, joernaliste en die algemene publiek blind is daarvoor. Scholtz het selfs melding gemaak van die belaglike eise wat aan Amerikaanse universiteite gestel word. Hierdie eise het ‘n vreemde ooreenkoms met die eise wat die verskeie protesgroepe tans in Suid-Afrika aan ons universiteite rig.

Hoe is die twee dan verbind siende dat dit op verskillende kontinente plaasvind? Eenvoudig – volg die geld en vloei van idees rondom eise, griewe en taktiek.

Dit is ‘n bewese feit dat die leier van The New Black Panthers nie te lank gelede ‘n draai in Suid-Afrika gemaak het om met die EFF te “vergader”. Geen wonder dat die EFF hulle strukture op militaristiese titels grond nie – net soos die Black Panthers. ‘n Bietjie krapwerk op die internet het ook verskeie skakels tussen “Swartmag”-webwerwe en die EFF ontbloot. Die EFF se “Student Command” maak pertinent melding van Assata Shakur (regte naam JoAnna Deborah Byron en voortvlugtige terroris wat ‘n heenkome in Suid Afrika gevind het – nogal in Johannesburg se noordelike voorstede) op hulle Bakkiesblad. Dit is nie verregaande om aan te neem dat daar konstante kommunikasie is tussen Byron, die EFF en BLM in Amerika nie. Voeg by sulke karakters soos Kylie Thomas, Dan Corder, Marcus Hegewisch en Liev Schreiber (en andere) en jy het die breintrust agter ons eie weergawe van BLM – met presies dieselfde oogmerke. Daar is selfs ‘n baie dun verhouding, maar ‘n verhouding al dan nie, tussen al hierdie “Must Fall”-optredes en ‘n Johannesburgse rolprentvervaardiger en sy “lewensmaat”. Op hierdie huidige stadium verswyg ek die name totdat daar meer klinkklare bewyse is. Ek sal onteenseglik graag wil weet hoeveel inset het hierdie persoon in die Luister-“dokumentêr” gehad wat Open Stellenbosch onder die publiek se aandag gebring het.

Julius Malema se onlangse besoek aan die Kwien se Eiland waar hy vergader het met superkapitaliste het befondsing gewaarborg. Moet ook nie vergeet van George Soros se Open Society Foundation nie. Hier het ons met dieselfde tipe donateur te make as waaroor die BLM-organisasie beskiks en dit is weereens nie vergesog om ʼn aanname te maak dat presies dieselfde sakeondernemings daarby betrokke is om geld te voorsien vir ons komende rewolusie nie.

Die ooreenkoms met die status quo in Suid Afrika is egter nie beperk tot universiteite nie, hoewel dit die ooglopendste is. Betogings en optogte – met die gepaardgaande geweld en verwoesting – toon ‘n aansienlike ooreenkoms met BLM-protes in Amerika met dieselfde minagting van wet en orde.

Gaan die huidige vlaag van protes rêrig oor Afrikaans, inklusiwiteit, “wit bevoorregting” en antikolonialisme? Is dit rêrig oor dienslewering? Miskien vir die stommerik wat opgesweep word in die harwar en opwinding van die “nuwe struggle”. Bruikbare idiote is volop.

Lenin self self gesê:

“We must be ready to employ trickery, deceit, law-breaking, withholding and concealing truth… We can and must write in a language which sows among the masses hate, revulsion, and scorn toward those who disagree with us.”

Maar die groter prentjie dui op iets baie gevaarliker. Net soos met BLM, is die oogmerk ‘n bloedige burgeroorlog wat dan sal lei tot die instelling van ‘n utopiese kommunistiese staat.

Kort gestel, beteken dit eenvoudig dat die dae van vrede bewaar, agteroor buig en die olyftak uithou verby is. Dit is ‘n luukse wat hierdie land nie kan bekostig nie. Kommuniste sien dit as ‘n swakheid wat tot hulle voordeel uitgebuit moet word. Die resultaat daarvan om kommuniste te paai, is eenvoudig – die onafwendbare word net uitgestel terwyl hulle agitators sterker word. Indien daar gekrap word – en daar word gekrap – sal dieselfde netwerk van frontorganisasies na vore kom wat sal teruglei na die SAKP. Geen wonder dan dat Blade Nzimande skitter in sy afwesigheid nie.

Ons moet nie net veg, hand en tand, vir die behoud van Afrikaans en ons kultuur nie, maar ook vir die behoud van ons land. Wanneer kommuniste Lenin se ideologie in die praktyk toepas, beteken dit net ellende vir almal. Selfs diegene wat te dom is om dit te besef.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Ou Transvaal

    Verstommend waar!!!!

    • Götterdammerung

      Die inligting is als vrylik beskikbaar. Dis om mense te kry om A en B aan mekaar te koppel

  • Guest

    In 1995 the USA began to open up its Venona Soviet code decryption archive, while more incriminating material was made public from the Mitrokhin Archive in 1992. It appears that a remarkably high proportion of Juice chose to actively betray the countries which gave them sanctuary by acting as spies for the Soviet Union. Their treachery greatly compromised the security of the West. Scholtz is trying to blame the Russian Federation for this, while we all know now that it is rather a Juicy matter involving the US. It’s no longer the Soviet Union, but Scholtz would rather we forget that. Juice were prominently involved in communism and they still are. Malema has a benefactor from the tribe. So, no I wouldn’t single out Scholtz for any insight, but rather his usual ham-fisted attempt at deception.

    • Craig

      What is interesting, is the real disconnect between these Atlantist puppets like Scholtz and Germany itself, which is a nation predominately well disposed towards Russia. It hasn’t gone unnoticed by some observers, that it is Washington’s biggest nightmare to have Germany and Russia become allied. That is why they continue to trumpet the “Reds are coming” propaganda.

  • boerseun

    Uitstekende artikel! Dankie. Opmerklik altyd die klompie wit gesigte in die swart bewegings. Is hulle die nuttige idiote of die leiers? Laat ‘n mens nogal dink aan die wittes wat by Rivonia gevang is – hulle was die eintlike beplanners maar het die swartes voorgestoot. Toe was hulle Jode. En nou? Toe was hulle kommuniste. En nou? Wat het verander vanaf die sestigs?

    • Götterdammerung

      Hulle is altyd die leiers. Die POC binne die CPUSA is leliewit. Shawn King en Rachel Dolezal is spierwit (hoewel hulle voorgee hulle is swart). So ook hier – Open Stellenbosch, ReformPUK ens se brein trust is almal leliewit. Soos menigmaal al aangedui is deur verskillende skrywers et al gebruik with kommuniste die swart hordes graag maar smyt hulle weg sodra hulle hul oogmerk bereik het

    • Rooikop

      Hulle is die leiers – ek ken ook ‘n paar diesulkes.

  • Hans Onrust

    ‘ to the left, to the left…..everything you own in a box to the left……….;-)

    http://www.breitbart.com/big-hollywood/2016/02/08/2970258/

  • Rooikop

    Heeltemal van die onderwerp af maar tog relevant. Ek sien dat die onteieningswet nou goedgekeur is.

    http://ewn.co.za/2016/02/23/Parly-passes-Expropriation-Bill

  • FR2P

    The US lauds itself over killing Al-Qaeda followers in drone strikes all over the world, but it blames Russia for doing so in Syria? The Western media are now exposed. The situation in Syria compels the actors behind Nusra/al-Qaeda to reveal their positions. So the ‘Red scare’ coming from the same actors, how credible is that? The Soviet Union is gone and the commies moved to the US.

    • eduard

      And those commies wee nothing else but edomjews that fled Russia. Read Robert Friedman’s book Red Mafia-how the Russian Mob invaded America. The USSR hierarchy consisted of more than ninety percent edomjews. Even the Gulags were run by edomjew females.

  • william

    Alles in ag geneem moet ons die groter prentjie raaksien. Blankes word gesien as vyand nommer een. Wanneer ons geelimineer is , dan spring die swart groepe en stamme aan mekaar. Die uiteindelike plan is om n kommunistiese staat hier te vestig waar die staat alles besit. Net die elite en polit buro sal soos konings lewe terwyl die oningeligte , onopgevoede massas sal krepeer. Nerens in die wereld het kommunisme en sosialisme gewerk nie. Inteendeel , dit het net armoede en ellende gebring.
    Daar wag vir ons n harde en genadelose stryd vorentoe. Ons mag nie gaan le en tou opgooi nie. As ons net kan leer om saam te staan is dit al klaar n goeie begin.