Revolusie: 2 treine in Pretoria óók verbrand

Deel op

Terwyl onrus en onluste op kampusse uitkring, met berigte dat die administrasiegebou van die Noordwes-universiteit se Mafikengkampus afgebrand is, is twee treine by die Pretoriastasie insgelyks aan die brand gesteek.

Metrorail het bevestig dat twee treine verbrand is, met ‘n verdere twee treine wat deur klipgooiers onder die klippe gesteek is. Vier swartes is glo in verband met die gebeure in hegtenis geneem.

Drie waens van Metroplus Express en twee van die Business Express-diens is Dinsdagaand geheel en al by die Pretoriase stasie verbrand, volgens ‘n woordvoerder, Lillian Mofokeng.

“Die vyf waens is deur misdadige elemente verbrand wat hulle as lojale pendelaars voorgedoen het. Die oorsaak van die voorval word tans ten volle ondersoek, met vier verdagtes wat op die toneel in hegtenis geneem is. Die verbranding van die waens plaas druk op ons dienste, meer spesifiek op die beskikbaarheid van treinstelle,” het Mofokong gesê.

Geen passasiers of Metrorail-werknemers is glo beseer nie.

Dinsdag is twee afsonderlike treine met klippe gegooi. Sakeondernemings by die stasie, asook 11 rondomtaliehekke, is gevandaliseer.

“Ten tye van die voorval vroeg Dinsdag, is ‘n trein wat na Johannesburg sou vertrek vir ongeveer 30 minute vertraag. Pendelaars is voortdurend via die luidsprekerstelsel daaroor ingelig,” het Mofokeng gesê.

Benewens die vier swartes wat op die toneel in hegtenis geneem is, word verdere ondersoeke gedoen.

Ook Dinsdag het Metrorail aangekondig dat hy treindienste op die Springs, Daveyton en Dunswart-trajek opskort vanweë toenemende dreigemente teenoor treindrywers en metrowagte.

‘Ongeskik’

Die provinsiale bestuurder van Metrorail, Tembela Kulu, het die gedrag van passsasiers as “ongeskik” beskryf. Volgens hom, “veroorsaak die toenemend onbeskofte gedrag van pendelaars dat tryndrywers vir hul lewens moet vlug omdat hulle aanvalle vrees. Dis baie ongelukkig dat ons die besluit moes neem om die diens geheel en al te beëindig vanweë die feit dat ons nie treindrywers het wat wou instem om hul lewens op die spel te plaas terwyl hulle mense dien wat geen begrip toon vir die noodsaaklike rol wat hulle speel nie.”

67 drywers en wagte aangeval

Kulu het onthul dat daar sedert November verlede jaar 67 drywers en veiligheidswagte deur passasiers by Gautengse treinstasies aangeval is.

Die LUR vir vervoer Ishmael Vadi het gesê dat hy die opskorting van treindienste op die Daveyton-Dunswart-roete steun.

“Die opsetlike verbranding en klipgooiery na treine, asook aanranding van treindrywers moet onmiddellik ophou, anders sal Metrorail se dienste opgeskort bly,” het hy gewaarsku.

Vadi het die gewelddadige gedrag veroordeel en gesê: “Dié tipe geweld en wetteloosheid moet ten sterkste afgekeur word.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.