Oproeriges onderbreek gebedsessie by UV

Deel op

Oproerige swartes met stokke het ‘n buitemuurse gebedsdiens op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat onderbreek.

Die diens is deur ‘n pastoor gelei. Die betogers het slagspreuke geskree en die klankstelsel wat gospel-musiek gespeel het, afgeskakel.

Die polisie het ingegeryp en die twee groepe uiteen gehou sodat die diens kon voortgaan.

Die Universiteit se kampusse in Bloemfontein sal môre en Vrydag gesluit bly. Alle akademiese en administratiewe dienste sal glo Maandag hervat word.

By die Universiteit van die Wes-Kaap het ‘n hofbevel ‘n groep skoonmakers en sowat 50 studente verbied om aan te hou amok maak op die kampus.

Hulle ontwrig kampusbedrywighede, het die uitvoerende bestuur gister gesê.

“Die hofbevel magtig en gelas die polisie om in te gryp en te help by die Universiteit,” het hulle in ‘n verklaring gesê.

Werkers en swart studente is sedert verlede week in opstand oor uitkontraktering by die universiteit.

Voorvalle van klasontwrigting en personeelintimidasie is aangemeld.

Dinsdag het die skoonmakers ingestem om die oproer te staak, maar ten spyte van hierdie onderneming, het hulle Woensdag oproer op die kampus voortgesit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.