Trump behaal klinkende oorwinning in Nevada

Deel op

Die Republikeinse aanspraakmaker op die Amerikaanse presidentskap, Donald Trump het loshande die Nevada-koukusse gewen.

Ted Cruz en Marco Rubio is neffens mekaar in die tweede plek, maar kon nie ‘n wenindruk maak op kiesers wat keelvol is vir die establishment nie.

Trump het vroeër ook in New Hampshire en Suid-Carolina klinkende oorwinnings behaal en is goed op pad om die Republikeinse presidentskandidaat vir die verkiesing op 8 November te word.

Trump het volgens vroeë aanduidings sowat 45 persent van die stemme verower. Hy het in sy oorwinningstoespraak in Las Vegas gesê dat hy nou die hele land in sy visier het.

Dit was ‘n pragtige vertoning van momentum vir sy veldtog, wat dit al hoe moeiliker maak vir ‘n ander partykandidaat om die Republikeinse nominasie te wen.

“Ons is lief vir Nevada,” het Trump tydens sy kort oorwinningtoespraak in Las Vegas gesê. “En binnekort gaan die land begin wen, wen, wen.”

Nie net was dit ‘n oorwinning in die Silver State nie, maar dit was ‘n oorwinning met ‘n groot marge.

Een van die mees verrassende aspekte van die oorwinning vir Trump is sy sukses onder latyns-Amerikaanse koukus-gangers wat sy anti-immigrasieplatform steun, insluitend die bou van ‘n muur langs die VSA-Meksiko grens.

Die anti-establishment ywer binne die Republikeinse kieserskorps beklemtoon die enorme uitdaging vir Rubio en Cruz in die komende weke.

Rubio was nie eens in Nevada Dinsdagaand nie. Cruz het die hoop uitgespreek dat hy goed sal kan doen in Texas, maar dis nie ‘n uitgemaakste saak nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.