‘Tuks klaar Engels’: Djêkkerênda-FM versprei vals inligting oor Univ. van Pretoria

Deel op

Die eens Afrikaanse radiostasie Jacaranda FM het reeds openlik standpunt teen Afrikaans ingeneem, en het vanoggend ‘n vals berig die wêreld ingestuur waarin vermeld word dat die senaat van die Universiteit van Pretoria reeds Engels as enigste voer- en doseertaal aanvaar het. Die nuusafdeling van Djêkkerênda-FM – só word die naam uitgespreek selfs wanneer omroepers hier en daar geradbraakte Afrikaans praat – het vanoggend om 10:08 getwiet dat die dept. van hoër onderwys sê dat “die Tuks-senaat die voorstel aanvaar het om Engels die amptelike onderrigtaal te maak”.

Daar was geen so ‘n verklaring op die UP se webblad te vinde nie en daarom het PRAAG onmiddellik die universiteit gekontak om dié “nuusitem” deur die anti-Afrikaanse radiostasie te kontroleer.

Volgens Anna-Retha Bouwer, skakelbeampte van die universiteit, was daar

“nog nie so ‘n aankondiging nie. Dis alles net voorstelle
sover.

Daar is heelwat media wat ons voorstelle as besluite geïnterpreteer
het.

Ek sal met Jacaranda opvolg as hulle my weer later bel.”

Dr Dan Roodt van PRAAG het

“almal wat vir Afrikaans omgee, gemaan om hulle nie deur sulke disinformasie deur Djêkkerênda te laat mislei nie en aan te hou om die e-petisie vir die behoud van Afrikaans te teken, wat reeds op 13 000 name staan. Die stryd begin nou maar eers en is nog lank nie verlore nie,” het hy gesê.

Teken dit sommer hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.