Sterkste sikloon tref Suidelike halfrond

Deel op

Toeriste het Maandag begin om van die sikloon-geteisterde Fidji te vlug nadat die dodetal tot 20 gestyg het.

Amptenare waarsku dat die syfer verder kan toeneem soos verslae van verafgeleë gebiede ontvang word.

Lugfoto’s toon dat verskeie afgeleë nedersettings heeltemal in puin gelê is deur die tropiese sikloon, Winston, wat Saterdagnag met windstorms van tot 325 kilometer per uur die eilandnasie in die Stille Oseaan, getref het.

Winston, die sterkste sikloon wat nog ooit in die Suidelike Halfrond aangeteken is, het huise platgevee, die infrastruktuur lamgelê en bevreesde inwoners genood­saak om skuiling in sentrums vir veiligheid te soek.

Hope brandhout is al wat van baie huise oor is en dakplate en meubels lê die wêreld vol besaai deur winde wat so sterk was dat dit die blare en takke van bome afgeruk het.

Internasionale toeriste, wat vasgevang was in die ramp, het begin om die eiland te verlaat nadat vlugte van die Nadi-lughawe hervat is, nadat die lughawe vir twee dae gesluit was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.