Minstens 150 mense is dood in bomontploffings in twee Siriese stede.
Minstens 96 is na berig word dood in drie bomaanvalle Sondag naby ’n Sjiitiese heiligdom, Sayyida Zeinab, in Damaskus. Die profeet Mohammed se kleindogter is daar begrawe.
Enkele ure tevore is minstens 57 mense dood in ’n dubbele motorbomontploffing in Homs. Die Islamitiese Staat (IS) het verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar.
Ondertussen werk Rusland en Amerika aan ’n skietstakingsooreenkoms.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het gesê ’n voorlopige ooreenkoms is bereik, maar die bloedvergieting op die grond het toegeneem.
Die amptelike Siriese nuusagentskap, Sana, het ’n polisiebron aangehaal wat sê 178 mense, insluitend kinders, is onder die gewondes.
Die beplande skietstilstand in Sirië sal glo op 27 Februarie om middernag in werking tree.
Rusland en die VSA sê in ‘n verklaring dat die skietstilstand nié die Islamitiese Staat en die al-Nusra Front, wat bande met al-Kaïda het, insluit nie.
Wêreldmagte het op 12 Februarie ingestem tot ‘n wapenstilstand binne ‘n week, maar die spertyd is nie bereik nie en onsekerheid heers tans oor die jongste aankondiging.
Meer as 250 000 Siriese burgers het gesterf sedert die konflik in Maart 2011 begin het toe Amerikaans-gesteunde magte die land binnegeval het.
Intussen het waarnemers hul kommer uitgespreek omdat ISIS na Libië uitgewyk het.