Jonathan Jansen hol weg nadat geweld by UV losbars

Studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê die rektor Jonathan Jansen het Maandagaand weggehardloop toe geweld op die kampus uitgebreek het.

Hy het versuim om die situasie aan te spreek nadat gewelddadige betogings uitgebreek op die Bloemfontein-kampus.

Klasse is vandag en môre opgeskort nadat swartes ‘n Varsitybeker rugbywedstryd Maandagaand ontwrig het. Wit en swart studente het met mekaar gebots nadat swartes op die veld gehardloop het.

Oproerige swart studente sing en dans tans op die hoofkampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Hulle betoog ter ondersteuning van werkers wat teen uitkontraktering gekant is. ‘n Groot groep polisiebeamptes is ook buite die ingang na Kovsies ontplooi.

Geen voorvalle van geweld het nog vanoggend voorgekom nie. Gister is minstens 44 werkers en studente in hegtenis geneem

Die Nasionale Organiseerder van die Sosialistiese Jeugbeweging by die Universiteit van die Vrystaat, Ithumeleng Lecheko lê die blaam vir die betogings by dié Universiteit voor die deur van die rektor, Jonathan Jansen.

Lecheko sê Jansen het op sy belofte teruggegaan om werkers in te kontrakteer. Hy beweer ‘n ooreenkoms oor inkontraktering en salarisse is verlede jaar gesluit.

Betogers het die Varsity Cup rugbywedstryd tussen die UV Shimlas en Madibaz Maandagmiddag onderbreek deur op die veld te hardloop. Geweld het uitgebreek toe rugby-ondersteuners die belhamels wou verwyder.

Die groep betogers later met koshuisinwoners op die kampus gebots. Die polisie en die kampussekuriteit was op die toneel en rubberkoeëls en skokgranate is afgevuur.

‘n Student, wat gevra het om anoniem te bly, bevraagteken hoekom Jansen, wat by die Varsity Cup rugbywedstryd was, geweier het om die situasie aan te spreek.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, wat op die toneel was, wou nie reageer op vrae oor hoekom Jansen nie na vore getree het nie, soos sy posisie vereis.

Loader het gesê verskeie ondersoeke na die voorval is aan die gang.

Nog ‘n student, wat nie sy naam bekend wou maak nie, het gesê die situasie het heeltemal hand uitgeruk. Hy het gevra waar is die hoof van die kampus en waarom is hy nie daar om leiding te gee nie.

Loader het ontken dat die visekanselier daar was. Op die vraag waarom Jansen nie te siene is nie, het Loader gesê hy is wel bewus van die situasie op kampus. Sy’t voorts gesê ‘n vise-rektor is ontplooi om die situasie te monitor.

Die universiteit is glo bewus daarvan dat daar betrokkenes was wat nie verbonde aan die UV is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.