Geweld vlam weer op by Tuks

Deel op

Geweld het vanoggend weer opgevlam by Tukkies se Hatfieldkampus.

Swart amokmakers wat onder die hutsteken “BlackMonday” agiteer het klasse probeer ontwrig en geboue gevandaliseer.

Die EFF het vanoggend klaarblyklik in Prospectstraat byeengekom om te eis dat oproeriges wat in hegtenis geneem is tydens verlede week se betoging weens openbare geweld, vrygelaat word.

Dit kon egter nie bevestig word nie.

Op Twitter het swart studente ivm die opstand by Tuks gesê swartes soek “grond”. Dit is nie duidelik hoe die opstand by die universiteit daarmee in verband gebring word nie, maar dit wil voorkom of die lys van lukraak griewe groei.

Gerugte dat ‘n wit veiligheidswag ernstig beseer is nadat hy deur swartes aangeval is, kon nog nie bevestig word nie.

Intussen sê wit studente dat hulle vir lewens vrees en nie veilig voel om klasse by te woon nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.