EFF dreig om UP ‘onregeerbaar’ te maak onder vaandel van Amerikaanse swartmagterroris

Deel op

Terwyl klasse vandag normaalweg op die kampus van die Universiteit van Pretoria voortgaan, dreig die EFFSC, die tak van Julius Malema se party by Tuks, om die kampus “onregeerbaar te maak”. Op sy Facebookblad het die radikale swart studentegroep insgelyks die foto van die voortvlugtige Amerikaanse swartmagterroris Assata Shakur alias JoAnne Deborah Byron geplaas waarin hulle hul bewondering vir haar uitspreek.

EFFSC_terroris

“Mbokodo” verwys na die gewelddadige geheime polisie van die ANC-SAKP wat in die Quattro-strafkamp ANC-lede wat van dislojaliteit verdink is, gemartel en tereggestel het. Assatu Shakur alias JoAnne Deborah Byron het as Black Panther en swartmagterroris tydens die sewentigerjare ‘n skrikbewind in die VSA gevoer. Sy is steeds voortvlugtig en word in die VSA gesoek vir ‘n reeks gewapende rowe, asook die moord op ‘n blanke polisieman, staatstroep Werner Foerster. Shakur het politieke asiel in Kuba ontvang en woon steeds in dié land.

Soos in bogaande Facebook-inskrywing vermeld word, vergader die EFF-jeugtak by Tuks vanoggend om 7:30 in Prospectstraat by die universiteitsingang waar busvervoer blykbaar beskikbaar gaan wees om hulle na die Pretoriase Landdroshof te neem waar 27 van hul makkers teregstaan op verbreking van die huidige hofbevel wat onwettige betogings en geweldpleging op of naby die kampus verbied.

Later vanoggend beplan hulle om strydig met die hofbevel ‘n “massavergadering” op die kampus te hou en weereens lesings en toetse te ontwrig. Die EFF wil nie hê dat Afrikaans langer by Tukkies as doseertaal gebruik moet word nie en voer ‘n haatveldtog daarteen met die hutsmerk #afrikaansmustfall. Hierteenoor het Afrikaanse studente op sosiale media ‘n teenveldtog geloods met die hutsmerke #afrikaansbly en #fokeng.

‘n Tweedejaarstudente, Lauren Shultz, het ‘n brief in Engels geskryf waarin sy haar misnoeë oor die gedrag van swart en EFF-studente uitspreek, wat wyd op Facebook gedeel is en ook hier te lese is.

EFFSC_vergaderingskennisgewing20160222
Die Facebook-kennisgewing waarin swart studente van die EFF opgeroep word om in uniform (“regalia”) te vergader, eers hof toe te gaan en daarna die #AfrikaansMustFall-veldtog op die kampus voort te sit.

Dit wil voorkom asof die Amerikaanse swartmagterroris Assata Shakur oor ‘n ongekende gewildheid onder radikale swartes in Suid-Afrika beskik, want die Nasperskoerant City Press het haar insgelyks verlede jaar van ruimte in die koerant voorsien om haar antiblanke ideologie te verkondig, waarna PRAAG ‘n klag by die Persombudsman en mediaraad van Suid-Afrika aanhangig gemaak het. City Press het hierna dr. Dan Roodt toegelaat om kritiek op dié artikel in die blaaie van die koerant te lewer, iets wat nie normaalweg deur City Press geduld sou word nie. Lees dr. Dan Roodt van PRAAG se repliek op Assata Shakur hier:

Is City Press in favour of race war? Reply to Assata Shakur

PRAAG het intussen ‘n dringende vergadering met die Tuks-bestuur versoek om die voorgenome verengelsing van die kampus, asook die radikalisering wat deur die EFF en sommige Engelstalige dosente aangehits word, te bespreek. In sy skrywe aan die Universiteit van Pretoria sê dr. Dan Roodt onder andere:

Ons is bekommerd oor die radikalisering wat by die UP aan die gang is, ook onder Engelstalige dosente wat ‘n swaar dosis marxisme en antiblanke, anti-Afrikaanse ideologie aan studente opdring.

Die Afrikanergemeenskap van Pretoria, wat oor dekades heen by die befondsing en opbou van die universiteit betrokke was, beskik oor die reg om geken te word in die proses wat tans aan die gang is en waardeur Engels sonder demokratiese inspraak tot ‘n ongekende oorheersing verhef word.

Die Johannesburse dagblad Beeld het vanoggend berig dat Tukkies eintlik uit die staanspoor ‘n Engelse universiteit was terwyl die koerant byna ‘n eeu van Afrikaanse onderrig aan dié universiteit ignoreer.

Toe die UP in 1908 gestig is, was dit ’n universiteit met Engels as onderrigmedium. (Beeld 22 Feb. 2016)

Sedert gister het 7500 mense PRAAG se elektroniese petisie teen die verengelsing van Tukkies weens intimidasie en geweld van die EFF onderteken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.