Sydney Gregan: Wie sit agter Julius Malema? En waarom?

Terwyl die Suid-Afrikaanse publiek hulle blykbaar verlekker in die manewales van die hanswors Julius Malema, en veral die feit dat hy vir Jacob Zuma ‘n steen des aanstoots geword het, word die situasie in Suid-Afrika al meer plofbaar en kan die “beheerde chaos” dalk eersdaags totaal onbeheerbaar word.

Die vraag is egter: Hoe was dit moontlik dat iemand met só ‘n agtergrond soos Malema, en wat vir alle praktiese doeleindes die einde van sy politieke loopbaan bereik het toe die ANC hom die rug gekeer het, nou skielik soveel aanhang en aandag geniet? En dit sonder dat die ANC-regime, op die oog af, min daaromtrent kan doen?

Die antwoord is baie duidelik dat ‘n ander mag agter Malema sit. Hyself het nie die politieke, finansiële en intellektuele vermoë om ‘n duik te maak in die politieke landskap nie. Maar die magte agter hom het wel. Feit is dat die Amerikaanse geldmagte Malema finansier én met ‘n doel: Hy moet die chaos aanwakker wat die VSA graag in elke land van die wêreld wil implementeer. Die VSA het reeds grootliks geslaag om die Midde-Ooste te destabiliseer (met net Rusland wat nog in sy pad staan), maar sy agenda sluit Afrika ook in, soos Soedan, Libië en talle ander Afrikastate die bewys van is. Suid-Afrika is nie uitgesluit hiervan nie.

Die feit dat die ANC die beheer oor die land moes oorneem, was net deel van die Amerikaanse agenda. Om te keer dat die ANC nie te astrant word en sy eie agenda begin volg nie, soos Zuma gedreig het om te doen (veral met sy voorgenome Russiese en Chinese bande), moes ‘n teenvoeter vir die ANC daargestel word. Malema was die ideale kandidaat. Waar die ANC se agenda vir blanke verontregting deur die geldmagte beheer word en uiteraard met verdrag (eerder as drasties) ingestel moet word om die blankes te sus, kom Malema nou en eis drastiese en onmiddellike stappe en saai ontwrigting en verwoesting sover hy gaan. Inmiddels word hy selfs na Londen genooi om sakemanne en politici daar toe te spreek! Verbeel jou Suid-Afrikaanse sakemanne nooi ‘n Britse skurk om ons hier te kom vermaak oor die chaos wat hy in Brittanje aanrig?! So iets is net ondenkbaar en sal lei tot allerlei dreigemente van sanksies, en so meer. Maar as die geldmagte die situasie beheer, is dit uiteraard aanvaarbaar.

En nou verkondig Malema wat die ANC eintlik graag wíl doen, maar omdat die VSA die ANC-agenda beheer, is die ANC aan bande gelê. Die ANC se grootste probleem is dat die IMF sy kraan enige dag kan toedraai. Die nomenklatoera — die betaalde amptenary— in die ANC (wat blykbaar reeds oor die 6 miljoen tel) het lankal van die “struggle” vergeet en hulle stryd is nou om ten alle koste hulle posisies, salarisse, huise en karre te behou. Plus natuurlik die “shopping spree” waarop hulle weekliks gaan! Intussen bewys hulle lippediens aan die ellendige toestand waarin meeste van hulle landgenote verkeer. Malema weet dit baie goed want hy was in dieselfde bootjie toe hy in die ANC was. Vandaar sy tirades. En duidelik is geld steeds nie vir Malema ‘n probleem nie, gesien sy uitspattige kleredrag, duur horlosies en ander bykomstighede.

Die grootste bewys dat die ANC beheer word deur die IMF en die Amerikaanse geldmagte was juis toe Zuma moes terugkrabbel oor die afdanking en aanstelling van ‘n nuwe minister van finansies. Die ANC kan duidelik maak wat hy wil as dit by baie ander sake kom (soos om blankes te verontreg), maar het geen sê as dit by finansies, en veral die ekonomie van die land kom nie.

Die EFF en Malema se rol is om sake deurentyd so moeilik as moontlik vir die ANC te maak en die gekniehalterde posisie van die ANC — daargestel deur die geldmagte — te bestendig en te vererger. Zuma besef dit baie goed, maar omdat hyself ook beheer word, durf hy niks sê nie. Die gevolg is ‘n politieke party wat ontman is en nie in staat is om die land te regeer nie; al sou hy ook probeer. En dit is presies wat die VSA ten doel stel. Die werklike agenda van die Amerikaanse geldmagte vir ons land vereis ‘n aparte artikel vir diegene wat oningelig is daaroor. Dat dit alles behalwe rooskleurig is, kan in klip uitgekap word.

Nou moet ons weer (dis mos verkiesingstyd!) almal agter die pastoortjie van die DA aanhardloop. Ons moet klaarblyklik wysgemaak word dat “redelike swartes” glo in groot getalle vir die DA gaan begin stem. Hierdie wolhaarstorie word al jare verkondig en steeds stem meer as 60% van die swartes elke keer vir die ANC. Daarbenewens het dr Corné Mulder die spyker op die kop geslaan toe hy onlangs gestel het dat chaos die land se voorland is as die ANC uitgestem sou word. Die chaos sal natuurlik nie meer die beheerde chaos van nou wees nie, maar grootliks onbeheerd. Die publiek is soos skape wat ter slagting gelei word — met die verskil dat hulle blykbaar opgewonde is daaroor!

Wat ons nodig het in hierdie land is dat mense die twak wat die Amerikaans-beheerde media elke dag aan hulle opdis, deeglik sal ontleed en ophou gryp na strooihalms. Daar is talle alternatiewe bronne wat geraadpleeg kan word op die internet. Ons blankes is uitgelewer deur die Amerikaanse geldmagte aan die ANC om ons met ‘n grondwet te troos wat op die kort- en langtermyn niks vir ons beteken nie. Om alewig te wil dink dat die grondwet ons moet en sal beskerm, is uiters naiëf. Grondwette in Afrika beteken niks. Daarby word ons verontregting juis deur die grondwet gemagtig! Dit slaan my dronk dat geleerde blankes dit nie kan insien nie.

Maar terug by Malema: Hy is net so gevaarlik soos wat sy meesters wil hê hy moet wees. En met die onrus wat elke dag groter word in hierdie land, is dit duidelik dat daardie agenda momentum kry en die ANC hoe later, hoe meer, geen beheer oor die land sal kan uitoefen nie.

Intussen slaap baie van die wagters op die blanke mure …

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Dion Benny

    En wie beheer die VSA?

    • G

      Wat interessant is is dat die CIA oorlog verklaar het teen die Pentagon, min of meer soos wat in SA gebeur het. In Sirië veg die twee teenmekaar. Die einde van die NWO en die CIA is in sig as Trump wen.

      • 11petrus2

        As Trump hou gaan hy beslis die CIA (Front vir NWO) minder maak vorentoe, dit hoop ek!

      • 11petrus2

        Maar die FBI klim ook nou in!

    • ChrisDJ

      Die Federal Bank / Rothschilds beheer Amerika. Vir jare en jare al. Niemand kan niks doen sonder geld nie … en die Feds beheer alle geld. Hoop Trump gaan wen.. maar saam daai kom probleme ook. Gaan Trump kan uithou teen die “Elite” en “Superpowers” ?

  • leverson

    So wil julle en die VF plus hê ons moet stem vir die ANC om chaos te vermy?

    • G

      Die beste manier om die NWO te flous is om nie aan hulle speletjie deel te neem nie en die VF is hulle marionette. Die VF bestuur se familie werk by die Amerikaanse ambassade.

      • Erasmus

        Jy is ‘n dwaas. Hoekom gaan sit jy nie maar liewer in jou grot nie? Dan hoef jy niemand se speletjie te speel nie.

        Daar is goeie mense daar buite en dit is in almal se belang dat ons elke sisteem moontlik gebruik om aan te hou baklei en stamp en stoot teen die vyand.

        En die NWO is 95%+ jode. So noem dit wat dit is. ‘n Joodse organisasie.

        • Oom Nols

          sjoe maar julle spul VFters is darrem baie beledigiend en onbeskof.

  • Oom Nols

    Wie sit agter Julius malema?

    Die Nuwe Wereld Orde ……want……… Die Afrikaners is
    nog steeds n ongerieflike faktor vir hulle.

    • Vixie

      Oom Nols, “wie sit agter Julius Malema?” Ongelukkig nie iemand met ‘n knuppel om die doffel se kop vir hom vol duike te moker dat hy kan bykom nie!! 🙂 (Ek moet myself beteuel om nie sterker woorde te gebruik nie :-P)

  • Loeis Pretorius

    Die enigste alternatief is selfbeskikking

  • emiel

    Persoonlik dink ek dat die Angelsaksiese geldmag raak bekommerd oor verwikkelinge in die land en probeer voortydig hulle invloed op Melema uitbou. Ek sien ook dat hy (Malema) onlangs uitgenooi is na die invloedryke internasionale Chathamhouse kongres. Ek dink blankes onderskat Malema en dit kan hulle duur te staan kom in die toekoms. Hy mag dalk slegs ‘n “F” vir houwerk op skool behaal het, maar wanneer dit kom by populistiese Afrika politiek is die man ‘n meester.

    • G

      Ek dink daar lê die knoop want hy is sekerlik dom genoeg sodat sy Britse hanteerders hom maklik kan manipuleer. Ek dink net mens hoef te sê “Vat goed” dan luister hy.Selle as Mandela, die ou tuinwerker van weleer. Hy’s net die gesig wat hulle uitstoot vir foto’s want beleid en aanhitsing kom net so van MI6

  • Laura V

    Dis nie moeilik om te raai wie agter Malema sit nie. Malema staan nasionalisering voor, onder andere van die myne in SA. Nasionalisering beteken dat die belastingbetaler die myne oorneem. In wie se belang sou dit wees as die belastingbetaler hulle sukkelende myne oorneem, met hul onproduktiewe wekkas? Meeste myne in SA maak ‘n verlies op hierdie stadium. Malema se beleid sal die mynbase baie gelukkig maak.

    Die Joodse rampokker, Brett Kebble, was nie om dowe neute ‘n groot befondser van die ANCYL met Malema aan die stuur destyds nie. Kebble was self ‘n myn-rampokker.

    • Johan Coetzee

      Malema het nie verniet nadat hy uitgeskop is uit die ANC by Mugabe gaan kuier nie.Hy en die magte en wapens wat hy en Mugabe saam gebruik om die plaasboere aan te val en uit te moor is ook n faktor om SA net soos Zimbabwe onregeerbaar te maak.Hulle verkry geldelike hulp vanaf die buitelandse geldbase (Jode) om dit te vermag sodat hulle soos voorheen ons ekonomie kan verswak om ons land oor te neem.Ek het nuus vir hulle want ek dink dat die Asiers (Japanese en Chinese) alreeds hulle kleims op ons bodem afgesteek het en hand en tand sal baklei vir grondgebied asgevolg van hulle oorbevolking probleem.So vir my is dit n kwessie van twee honde baklei om n been en die derde gaan daarmee heen.

    • Renier Gouws

      Nee Laura. Malema wil nie die myne koop nie, hy wil dit verniet he. Die mynbase verloor in so n geval. Slegs platinum en staal myne maak verliese op die oomblik. Goud en diamante gaan nog goed aan.

    • A Stuijt

      en Herhaling 7 sien hierbo. Julle lees almal uit dieselfde nazi bybel.

      • 11petrus2

        Maar laat ons hoor wat se jou Rutter bybel?

  • Joseph

    Nathan Kirsch

    • Erasmus

      Hy is a jood. Natuurlik.

      • 11petrus2

        Seker waarom Jode so lief is vir hom en Soros hom haat! Dit gaan n duur storie Georg Soros raak!

    • A Stuijt

      en herhaling ses (sien 1 hierbo)

      • 11petrus2

        Ken jy die storie van Ditto!

  • Malema benut die onopgevoede massas. ‘Demokrasie’ is die hulpmiddel. Konkreet het hy geen werkbaar plan teen armoede. Suid-Afrika is het vrugbare aarde vir fundamentalisme. Dit is explosief gevaarlik.
    Kyk die film Waterworld. Die domme kudde die Exxon Valdez geroei omdat hulle een valse belofte voorgehou word. Sy kudde sal moor en roof vir die valse belofte. Malema weet dit. Hy kan elk moment die beheersde chaos onbeheerst maak. En self ongeskonde vryloop. En daarna nog jaaaaaaaaaren lang teer op die belofte.

  • Groot multinasionale geldbelange het nog steeds ʼn beduidende invloed in Afrika. Deur aan die een kant korrupte swart politici te gebruik wat voorgee dat hulle die belange van die meeste Swartmense op die hart dra, word die meeste Witmense aan die ander kant nog verder aan die slaap gesis deur polities-korrekte kerkleiers, politici en kultuurleiers met leë beloftes van ʼn toekomstige harmonieuse nie-rassige reënboognasie indien hulle maar net op God vertrou, die verbruikerskultuur omhels, vir die DA stem en glo dat alle vorms van Apartheid “onbybels” is…

    • Renier Gouws

      http://theswitch.boards.net/thread/211/betrayal-de-klerks-treason

      Dink aan die vliegtuig wat in Zim geland het.

      • Oom Nols

        Dankie vir die skakel, dit is afgryslik mag hy en sy bende
        in die vagevuur brand vir altyd.

        Geen wonder dat die wurm so wegkruip nie.

      • ʼn Goeie maar moeilik-bekombare boek om te lees i.v.m. FW se verraad en die vergoeding wat hy daarvoor ontvang het, is Stephen Goodson se insiggewende, “Inside the SA Reserve Bank”. Na hierdie onthullings het die Reserwebank gepoog om die skrywer hof toe te sleep. Kyk gerus na die YOUTUBE video, “UBUNTU Party’s Stephen Goodson Threatened With Arrest”, in verband hiermee.

        • Vixie

          Hi Jaco, daar is toevallig 2 boeke nou op Bid or Buy beskikbaar

      • Ciska

        Die skakel is versommend. Alamal wat ek ken sê altyd dat pienk frikkie ‘n vinger in die pie het met Marike se dood. Ek wens hierdie skakel kan deur al wat Afrikaner is gelees word… Skrikwekkend wat mense net nie vir geld sal doen nie, en vir my is die ergste dat; jou poep stink nes myne en jy vat niks met jou saam nie. Hoekom dan trap op dit wat jou eie is?

  • Frikkie Frederick Botes

    Die Jingo Zionis jood sit agter onmin in SA en ook agter malema

  • Erasmus

    Vir wat noem die skrywer dat dit die “VSA” is wat agter Malema is? Dis jode. Net soos wat dit jode was wat agter Mandela gesit het voor hulle media-kompleks hom in a Jesus-figuur verander het.

    Weereens. Almal. Luister asseblief. Dis jode.

    • Oom Nols

      Nou wie dink jy regeer Amerika? Amerikaners? loop grou en wys vir my een skepsel in hulle hele struktuur wat n suiiwer amerikaner is, die hele lot is ingebasterde Jode.

      • 11petrus2

        He-he, seker uitgebasterde Jode,… egte Jode sit buite die muur in Palestina en word gebom, die res is Russiese Sioniste wat agter die muur in die regte egte Apartheidsstaat van Israel wegkruip en gefinansier word deur stewige Amerikaanse belasting aalmoese en Duitse oorlogs pensioene. Die res van die Marxiste van Sion spook in SA tussen die Johannesburgse Effekte Beurs en London en hou hul verder besig met die Dom Afrikaner (DA) party en hul nuwe gladebek pastoor aanwins en sy anderskleurige Ingese Auntie!

        • A Stuijt

          Herhaling drie – ag here ja die Jode het al weer al die kwaad gedoen in die wereld. Nou sit ek en wonder hoekom sit die arme Israeliete nou dan almal op ‘n kluitjie en baklei tussenin al die islamiete wat die oud-testamentiese volk wil uitmoor van alle kante af met hul rakette en bomaanvalle? Ek raak taamlik mislik van al hierdie ou nazi-propaganda wat skynbaar nog steeds die huidige ‘Afrikaner-denke’ oorheers nadat wyle drankwa John Vorster tydens die tweede wereldoorlog sy oordosis nazi-propaganda via die Ossewa Brandwag ingeneem het en nooit weer daarvan herstel het nie.

          • 11petrus2

            Ditto!

          • There is nothing wrong with naming the Jew. After all, the vast majority of Jews support anti-White causes worldwide and they see a special role for themselves in any anti-White movement. I should not think that the same cannot happen in China. Actually, it is already happening. Jews and Jewish money are gaining increasing control over China and Chinese politics. Of course, Chinese Communism itself was inspired by the Jewish godfather of communism, Karl Marx. I think that any Afrikaner who is suspicious of Jews is reasonable.

    • A Stuijt

      Herhaal: ag here ja die Jode het al weer al die kwaad gedoen in die wereld. Nou sit ek en wonder hoekom sit die arme Israeliete nou dan almal op ‘n kluitjie en baklei tussenin al die islamiete wat die oud-testamentiese volk wil uitmoor van alle kante af met hul rakette en bomaanvalle? Ek raak taamlik mislik van al hierdie ou nazi-propaganda wat skynbaar nog steeds die huidige ‘Afrikaner-denke’ oorheers nadat wyle drankwa John Vorster tydens die tweede wereldoorlog sy oordosis nazi-propaganda via die Ossewa Brandwag ingeneem het en nooit weer daarvan herstel het nie.

      • 11petrus2

        Eintlik satiries bedoel maar nou ja n na-oorlogse ZA ‘escapy’ pensionaris Nederlander blyk nou nie meer lus te wees vir sulke Amsterdamse ‘Jode’ ongeregtigheid en ‘onwaarhede’ nie. Ten minste weet ek nou dat die ‘1652’ Hollander nasate oorwegend Nazi propagandiste blyk te wees (deesdae stem hele kaboel natuurlik solider DA-Joods) al suip hulle sedert oom Koot se tyd nog steeds aan hul Bols Brandewyn . Hoe klink dit dan nou vir my soos n Hollandse familie piekniek in ZA waar na een week se kuier die piekniek mandje leeg is, en WO2 sowieso in 2016 van vooraf baklei moet word al loer WW3 alreeds om die draai! Of is dit nou maar so dat die ‘1652’-tigs deesdae n nuwe ‘wit’ Jood hibriede van die wereld by verstek geword het?

        • 11petrus2

          Laura V • 2 maande gelede

          Dis nie moeilik om te raai wie agter Malema sit nie. Malema staan nasionalisering voor, onder andere van die myne in SA. Nasionalisering beteken dat die belastingbetaler die myne oorneem. In wie se belang sou dit wees as die belastingbetaler hulle sukkelende myne oorneem, met hul onproduktiewe wekkas? Meeste myne in SA maak ‘n verlies op hierdie stadium. Malema se beleid sal die mynbase baie gelukkig maak. Marikana word dan die belastingbetaler se probleem en nie meer Lonmin s’n nie.

          Die Joodse rampokker, Brett Kebble, was nie om dowe neute ‘n groot befondser van die ANCYL met Malema aan die stuur destyds nie. Kebble was self ‘n myn-rampokker.

  • Vrystaat

    So waarheen dan? Ons moet mense vind wat ons saak goedgesind is. En ek dink as ons hard genoeg soek sal ons hulle vind. Biljoeners, dalk Trump? Ons blanke reus van die “apartheid jare” moet herrys! Het die onderstaande nogal insiggewend gevind.

    “A new South African city-state could join Singapore and Hong Kong as centers of trade and investment — starting with the investment that would be necessary to build a brand new city-state out of thin air. But one has
    only to look at Abu Dhabi, Dubai, or any number of Chinese cities to see how fast a city can be built with some will and capital. A South African enclave could attempt its own “Taiwan miracle”.
    Read more at:
    http://www.nationalreview.com/article/398136/end-south-africa-josh-gelernter

    • Thys Du Plessis

      Vrystaat, die blanke reus waarvan jy praat was deur die God van Bloedrivier regop gehou. Toe besluit die reus hy hou meer van rugby as daarvan om teen die wêreld te staan en teen die kommunis oorlog te maak en loop weg van sy God af en net daar val hy met sy gesig in die modder en spartel hy tans in sy bloed. Die reus het geen krag in hom self nie. Daar is net een manier waarop hy sal opstaan en dit is as hy terugkeer na sy God toe.

  • Rooikop

    Malema is ZA se robert moegabe.

  • A Stuijt

    Het julle ‘n Engelse versie van hierdie artikel? Soos julle weet kom ek van ‘n ou taal-vegter agtergrond en ek lees baie graag Afrikaans maar ek sou ook baie graag so’n artikel aan Engelstaliges wil voorle…

  • A Stuijt

    ag here ja die Jode het al weer al die kwaad gedoen in die wereld. Nou sit ek en wonder hoekom sit die arme Israeliete nou dan almal op ‘n kluitjie en baklei tussenin al die islamiete wat die oud-testamentiese volk wil uitmoor van alle kante af met hul rakette en bomaanvalle? Ek raak taamlik mislik van al hierdie ou nazi-propaganda wat skynbaar nog steeds die huidige ‘Afrikaner-denke’ oorheers nadat wyle drankwa John Vorster tydens die tweede wereldoorlog sy oordosis nazi-propaganda via die Ossewa Brandwag ingeneem het en nooit weer daarvan herstel het nie.

    • Thys Du Plessis

      Jy moet dalk taamlik ingelig raak A Stuijt die “Jode” is nie die stam van Juda nie hulle lieg gaan lees maar Openbaaring 2:9 en 3:9, soos daar staan hulle is die satan sin. Gaan kyk ook die dokumentêr: Adolf hitler the greatest never told. http://thegreateststorynevertold.tv/ en kry bietjie perspektief in jou lewe.

  • Thys Du Plessis

    “Wat ons nodig het in hierdie land is dat mense die twak wat die Amerikaans-beheerde media elke dag aan hulle opdis, deeglik sal ontleed en ophou gryp na strooihalms. Daar is talle alternatiewe bronne wat geraadpleeg kan word op die internet. Ons blankes is uitgelewer deur die Amerikaanse geldmagte aan die ANC om ons met ‘n grondwet te troos wat op die kort- en langtermyn niks vir ons beteken nie. Om alewig te wil dink dat die grondwet ons moet en sal beskerm, is uiters naiëf. Grondwette in Afrika beteken niks. Daarby word ons verontregting juis deur die grondwet gemagtig! Dit slaan my dronk dat geleerde blankes dit nie kan insien nie.

    ” Hoor Hoor!!!! Hoor Hoor!!!! Hoor Hoor!!!! Die grondwet is in elk geval deur die satan geïnspireer.

    “Maar terug by Malema: Hy is net so gevaarlik soos wat sy meesters wil hê hy moet wees. En met die onrus wat elke dag groter word in hierdie land, is dit duidelik dat daardie agenda momentum kry en die ANC hoe later, hoe meer, geen beheer oor die land sal kan uitoefen nie.”

    Malema se meesters is net so gevaarlik soos die Almagtige hulle toelaat. Ons moet onthou ons is in Sy hand en daarom is SA die beste plek in die wêreld vir my en my gesin, want God handel tans met ons volk tot suiwering en die dag is sterk op-pad dat Hy al die kaf gaan vernietig, daarna sal ons weer suiwer staan as een volk en al die goddelose en lasteraars en verraaiers en geldgieriges en noem op sal daar nie meer wees nie. Nou is die tyd om julle individueel voor Hom te verootmoedig Hom te soek en in Hom julle beskutting te vind.

    “Intussen slaap baie van die wagters op die blanke mure …”

    Ja daar is baie wat slaap, maar daar is genoeg wat waarsku, maar die volk het te deel van die wereld geword om te hoor en die Bybel is nie meer vir hulle kanon nie, mag die wat n oor het tog hoor en die tys wat hulle spandeer om na die liberale leun te luister eerder begin spandeer om hulle Bybel weer van die begin af te lees en mag God dit vir hulle verstaanbaar maak.

    • Riempies

      Thys du Plessis – die oorspronklike grondwet is al waarop
      ons kan staatmaak en so hopeloos as wat dit is sal ek dit verdedig met my lewe.
      Die ANC het baie gepeuter aan die grondwet – ek weet dit – maar dit maak die
      veranderering en gepeuter daaraan nie wettig nie – bv al die diskriminerende
      wette teen blankes. Dit gaan die eerste been wees waarop ons ons eis vir
      Selfbeskikking kan basseer.

      • Thys Du Plessis

        Die grondwet wat in 1994 geïmplimenteer is , is deur die ANC en die satan aanbidders De Klerk en sy gespuis opgestel. As jy daarop staatmaak is dit verby met jou. Daar is maar net een grondwet en dit is vervat van Genesis tot Openbaaring, as ons volk nie daartoe terugkeer nie is dit verby met ons en sal ons geslag word soos die mense in Syria. Vergeet van selfbeskikking, God alleen beskik oor ons lot. As jy op die satan se wette en ordes vertrou sal jy die noodwendige gevolge dra.

        • Riempies

          Goed Thys as ons vryheid in die wereldhof moet gaan draai –
          waarop anders kan ons dit basseer as die grondwet – so gebrekkig as wat dit is?

          • Thys Du Plessis

            Riempies, ek verstaan nie hoe ons mense kan dink dat hulle by die gene wat ons in die gemors in gedwing het wil gaan hulp soek om ons hier uit te kry nie. As mense dit net in hulle koppe wil kry dat daar n Lewende God is dat Hy ons by Bloedrivier gehelp het en dat Hy toelaat dat die dinge nou met ons gebeur omdat ons Hom en die pragtige land wat Hy aan ons gegee het vir Rugby verruil het omdat ons bang was vir die wêreld. Ons word gestraf omdat ons nie op Hom vertrou nie nou wil mense gaan hulp soek by die wat hulle verdruk.

            Jesaja 30:12 Daarom, so sê die Heilige van Israel: Omdat julle hierdie woord verwerp en vertrou op verdrukking en slinksheid en daarop steun,
            13 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos ‘n los stuk wat wil val, wat oorhang in ‘n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.

            Gaan lees asb. die hele Jesaja 30. Vergeet van die wêreld hy wat n vriend van die wêreld wil wees is n vyand van God.

          • Riempies

            Thys jy het regtig geen kontak met die werklikheid nie. Dink jy ons kan op ons alies sit en niks doen nie en die Hoërhand gaan alles vir ons doen?

            Moet asseblief nie weer vir my versies voorsê nie – ek ken my Bybel moontlik net so goed soos jy – en na allewaarskynlikheid beter as jy.
            Dit is n koerant hierdie nie n Sondag in die kerk nie. Dink en wees logies.

          • Thys Du Plessis

            Tipies, die probleem met ons volk hulle God is net Sondag in die kerk. Nee jy moet nie op jou alie sit nie jy moet jou wil onder Sy wil inbuig en doen wat Hy van jou vra. Jy moet dit wat in jou hart is meet teen wat in die Skrif wat jy so goed ken meet en sekermaak jy is op die regte pad. Ek is seker Gideon was in jou oe heel mal toe hy met 300 man n paar kruike fakkels en ramshorings n magtige leer wat soos sprinkane was aangevat het om nie eers van koning Dawid teen Goliat te praat nie. Dalk moet jy wee die gedeeltes gaan lees en bedink waarop hulle logika berus het.

  • Thys Du Plessis

    gatiepie, gaan lees jou geskiedenis en raak ingelig die satan deur sy handlangers inspireer nog van altyd af die barbare in hierdie land om ons volk uit te wis, jy is bloot stok blind as jy dit nie kan sien nie.

  • G

    Die Russe beheer klaar vir Zuma. Hulle probleem is dat China meer geld kan aanbied so die Afrikaners is nie nou hoog op die agenda nie. Hier is ‘n vakuum besig om te ontwikkel in die MO want Amerika sal moet onttrek na Asië. As die Golfstate besluit om Israel te los, is 9/11 se beplanners hondekos. China wag geduldig dat dit gebeur want dan sal die VSA probleme by die huis moet gaan oplos.