Trump wen Suid-Carolina

Deel op

Die miljardêr-sakeman Donald Trump het die Republikeinse nominasiestryd in die suidelike Amerikaanse staat van Suid-Carolina Saterdag gewen.

Die aantal kandidate wat deelneem om as die party se kandidaat aangewys te word, het gekrimp met die voormalige goewerneur van Florida, Jeb Bush, wat aangekondig het dat hy gaan uittree.

Trump wat 32,6% van die stemme ingepalm het, se naaste teenstanders senator Marco Rubio van Florida en senator Ted Cruz van Texas moes vir die tweede plek stoei, met 22,5% en 22,1% van die stemme onderskeidelik.

Die resultate gee aan Trump momentum op pad na die volgende mylpaal in Nevada Dinsdag, asook vir Super-Dinsdag. Laasgenoemde word op 1 Maart gehou met meer as ‘n dosyn state wat ‘n kandidaat sal aanwys.

Trump het ondersteuners gesê dat hy groot oorwinnings wat voorlê te wagte is.

“Kom ons wen groot in Nevada,” het hy gesê. “Kom ons wen groot op [1 Maart]. Kom ons bêre hierdie ding weg en kom ons laat Amerika weer seëvier.”

Trump-ondersteuners het het hul woede uitgespreek teen ‘n gebrekkige politieke stelsel en die invloed van die groot veldtogskenkers in politiek.

Trump “kan nie gekoop word nie en hy sal jou vertel in jou gesig wat hy dink en hoe hy voel,” het Michael Reilly, 18, aan dpa gesê. Dit is die eerste keer dat hy stem.

Intussen het die voormalige minister van buitelandse sake Hillary Clinton, Vermont se senator Bernie Sanders in die Demokratiese koukusstryd in die westelike staat van Nevada net-net geklop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.