Albert Brenner: Die Vryheidsfront Plus Moses

Tydens die onlangse SONA16-debat in die parlament het Corné Mulder, die hoofsweep van die VF+, opgestaan en gevra dat die Stoel hom moet “erken”. Laasgenoemde het hom toe kort en aandagtig aangekyk, gefrons… en gevra wie hy is.

En dít, liewe mense, beskryf die wese van die VF+ in sy totaliteit. Ek bedoel: as ‘n politieke party al 22 jare lank in die parlement sit, dan moet dit tog al so ‘n impak gemaak het dat sy hooffigure ten minste herken moet word – selfs al is dit net hul gesigte?

Maar selfs nie eers dít kan die VF+ vermag nie. Nou moet ‘n mens noodgedwonge vra waarom nie. Hel, alle eer aan Rachel de Beer… maar wie is dié klomp nuttelose mense? Wat presies doen hulle? En, belangrikste, hoekom word hulle nog, na al die jare, gesien as die “leiers” van die Afrikanervolk?

Die stigting van dosyne Afrikanerbelangegroepe/-organisasies soos, byvoorbeeld, PRAAG, die BBV, die VVK, Solidariteit, Afriforum, Boere in Nood, ens. bewys 100% dat die VF+ so doeltreffend is soos tepels op ‘n bul… want bogenoemde organisasies moes/moet noodgedwonge inspring om alles te doen wat die VF+ so liederlik versuim het om te doen, al sedert 1994.

Maar steeds ploeter die party eenvoudig maar net voort, asof hulle alles in pag het. Dit laat mens noodgedwonge vra wat in die koppe van die VF+ aan die gang is – want dis amper asof hulle in ‘n heel ander realiteit lewe as die normale Afrikaner op straat. Nou onlangs het die hoofkokkedoor van die party, Pieter Mulder, geskryf dat die EFF “harmonie in Suid-Afrika bedreig”. Nou vra ek u, met trane in my oë, watter flippen harmonie?! Vierduisend boere is al op die wreedste maniere vermoor op hul plase, 40 000 (meestal stedelike) blankes is al vermoor sedert 1994. Amper ‘n miljoen blankes het al die land verlaat; 600 000 blankes (meestal Afrikaners) lewe in armoede in plakkerskampe. Die Afrikaner het al sy universiteite verloor, behalwe Maties. Die aantal Afrikanerskole verminder drasties jaar na jaar. En daagliks word blankes in die land deur RA, SEB, en kwotastelsels so gekniehalter, dat dit bitter moeilik is om nog enigsins voorspelbare toekomsplanne te kan maak.

Die VF+ is egter min gepla. Al het hulle al 2/3 van die Afrikaner stem verloor sedert 1994. Steeds is alles ok… niks om te sien hier nie, stap eenvoudig verder.

Die Liewe Vader weet; ek weet nou hoekom die oorgrootte meerderheid van swartes aanhou om vir die ANC te stem. Hulle doen eenvoudig wat hul apartheid-“base” nog steeds doen – hul stap al bedwelmd en bulkend agter diegene aan wat hulle belowe het hulle sal, eendag, die Beloofde Land erwe.

En dít doen die VF+ al sedert 1994… en hul (een)horingdom kiesers glo dit nog steeds, soos die ANC-kieser dit ook glo.

Regte Afrikaners is intelligente mense wat al hoe meer begin besef dat die VF+ hulle ‘n rat voor die oë gedraai het, al die jare. Net jammer dat ons volkie nog steeds so goedgelowig is, veral wat ons leiers aanbetref. Laasgenoemde “hoëvertroue”-kultuur spruit seker uit ons sterk Calvinistiese agtergrond.

Feit is: daar word nog steeds vir ons gelieg… presies soos tydens FW de Klerk se bewind. Moet asseblief nooit vergeet dat Pieter Mulder ook ‘n FW-generasiepolitikus is nie. En die politieke appel val nooit te ver van die boom af nie, veral as dit baat om te lieg.

PhilipvStaden_brief

Soos byvoorbeeld die blatante liegstories wat Philip van Staden, VF+ Streeksleier Pretoria vertel het met die mev. Stroebel-“wendyhuis”-debakel tydens die munisipale verkiesing in 2011. Soos u kan sien in die prent boaan hierdie rubriek, het Van Staden aan die vrou geskryf dat die VF+ hul steun aan haar ontrek “weens die feit dat die inwoners van die wendyhuise in groot getalle op Woensdag 18 Mei 2011 vir die DA gaan stem…”.

Maar hier wys dit onomwonde hoe lieg Van Staden al te lekker vir ‘n joernalis… deur te seg dat die VF+ hul steun onttrek het uitsluitlik weens finansiële redes/probleme.

Maar steeds staan Van Staden hoogheilig daar: “Sedertdien sien jy hom gereeld in die nuus en op televisie waar hy besig is om kos vir die armes uit te deel, protesoptogte te lei, veg in die howe om mense in hul wendyhuise te laat aanbly…”. (bron)

Janee, ou swaer; vra my broer Jack, hy lieg net soos ek.

En ja mense, indien die VF+ kan wegkom met sulke klein leuens, dan kan hulle seer sekerlik ook wegkom met groter leuens – veral met die grootste leuen van hul politieke bestaan, naamlik die strewe na self-beskikking vir die Afrikaner.

Trouens, hierdie belofte aan die Afrikanervolk staan nog steeds pertinent op hul webwerf.

Die Vryheidsfront Plus is onherroeplik verbind tot die verwesenliking van gemeenskappe, in die besonder die Afrikaner, se internasionaal erkende reg op selfbeskking, territoriaal en andersinds, die handhawing, beskerming en uitbouing van hulle regte en belange asook tot die bevordering van die reg op selfbeskikking vir enige gemeenskappe in Suid-Afrika gebind deur ‘n gemeenskaplike taal – en kultuurerfenis.

Uhm… alles goed en wel, so skyn dit te wees. Maar hoe op aarde kan die VF+ hierdie belofte aan die Afrikanervolk vereenselwig met hul naarstigtelike pogings om die swart stem te werf, soos ek hier bewys het? Ek bedoel: gaan swart VF+-lidmate hul daadwerklik bind aan, byvoorbeeld, onderstaande vereistes van lidmaatskap?

Lidmaatskapsartikel 18.2.2:
2. Dat Afrikaner-volkseenheid bevorder moet word;

3. Dat die Afrikanervolk se reg om in sy eie staat oor homself te regeer (selfbeskikking) nagestreef sal word as ‘n ononderhandelbare reg;

4. Dat ‘n eenheidstaat en enigeander staatsvorm waarbinne ander staatkundig oor die Afrikanervolk kan regeer en waar hy deur ander verswelg mag word, vir die VF+ onaanvaarbaar is,

Vlag-artikel 19.1 Die strydvlag van die voormalige Boererepublieke, tans bekend as die Vryheidsvlag van die Afrikaner, is die amptelike vlag van die Vryheidsfront-plus en moet by alle openbare byeenkoms.

Lmga, hoe goedgelowig is ons volkie darem nie? Dink die VF+-leierskap werklik dat regdenkende Afrikaners sal glo dat wanneer, byvoorbeeld, net soveel swartes as wittes vir die VF+ stem, dat eersgenoemde groep ewe skielik as ‘n “kollektiewe Moses” gaan optree… deur laasgenoemde “vry te laat” om in vrede in ‘n Afrikanervolkstaat te gaan lewe, sonder hulle?

Helletjie-keppeletjie, hoe dom dink die VF+-leierskap ons is werklik? Ha, stel u net ‘n senario voor waarin die VF+ meer swart kiesers het as Afrikanerkiesers. Eersgenoemde meerheidsgroep sal dan seer sekerlik nooit so arrogant wees om aan te dring daarop om inspraak in VF+-beleid te hê nie. Nee, natuurlik nie… hulle gaan die “Moses” van Afrikanerselfbeskikking wees – nè Pieter? Die Swarte gaan die “verlosser” van die Witman in Afrika word… soos in elke land noord van Suid-Afrika, nè Pieter? En direk na die algemene verkiesing in 2018, gaan een miljoen vierkleurswaaiende swart VF+-lidmate ons vaarwel roep as ons in ons volkstaat intrek, nè Pieter?

Janee, ou swaer. Kumbaya, my Lord, Kumbaya. Hoofsaak is dat die VF+-leierskap mekaar wedersyds op die skouer klop na elke toespraak in die parlament, elke flippen jaar… al (er)ken niemand hulle nie – selfs nie eers die swartes nie.

Haha, geen wonder die Afrikaner het sy Moses teëgekom nie…

L.W. Die redaksie van PRAAG onderskryf nie noodwendig die standpunte van ons bydraers of rubriekskrywers nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.