Swartes pleeg onluste op Nylstroom oor water

Deel op

Met Suid-Afrika wat toenemend in revolusionêre anargie verval, op kampusse en elders, het onluste gister op Nylstroom uitgebreek weens ‘n gebrek aan water. Swart oproeriges en klipgooiers het munisipale geboue op die dorp aangeval en probeer afbrand. ‘n Groep Afrikanerboere en -dorpenaars het saamgestaan om die ergste vernietiging te keer. Ouers is per sms aangesê om hul kinders by Hoërskool Nylstroom te kom haal aangesien daar vir hul veiligheid gevrees is.

nylstroom_skoolboodskap

Mnr. Barend Pienaar, ‘n boer uit die omgewing, het aan die spontane handhawing van wet en orde deur blankes deelgeneem en was ‘n ooggetuie by die gebeure. Op sy Facebook skryf hy die volgende:

Hulle maak die paaie toe. Ons wag dat hulle onttrek en ons maak dit oop. Hulle draai om en gooi ons met klippe en maak weer paaie toe. Dit het die hele dag aangegaan tot net na 2 nm.

Ons het paaie oopgemaak, skole ontruim, die stadsaal se buitewyke bewaak sodat hulle nie die oumense en kinders in die bo dorp kan skade aandoen nie. Winkels is ontruim. Vrouens was vasgekeer wat ons gaan uithaal het.

Ons is gevloek, geskel, gegooi en doodsdreigemente is aan my persoonlik beteken….

Ons sal nie langer staan vir hierdie twak nie. Ons verstaan daar is nie water nie. Dit is nie ons of die dorp se skuld nie. Dit is die ANC-regime se skuld. Die DA en die EFFIES het lekker saam gebreek en gebrand en opgevlok.

Die burgermeester (swart en pateties) wou hulle nie te woord staan nie. Inteendeel was die stadsaal gesluit. Sy was ook nie daar nie. Die wit ANC-raadslede het die aftog geblaas.

DIE SAPD WAS NIE BY MAGTE OM HIERDIE OPROER TE KEER NIE.

Vandag het ek weer gesien hoe ons Boere bymekaar staan.

Ons linies was dun. Uiters dun.

Op party plekke het slegs twee boere met een voertuig hordes gekeer.

Sektor 3 Nylstroom GPF, julle kook.

Daar was geen lewensverlies nie.

Ek dra hierdie dag aan my Vader op. Hy het die oorwinning gegee.

Hier is enkele van die foto’s van Nylstroom wat deur Barend Pienaar op sy Facebook gepubliseer is:

onlusmakers_nylstroom20160219

Blykbaar was daar 10 000 onlusmakers op die dorp wat begin het om munisipale geboue af te brand. ‘n Handjie vol boere het egter die ergste skade afgeweer.

Boere op Nylstroom tydens die onluste. Foto: Barend Pienaar
Boere op Nylstroom tydens die onluste. Foto: Barend Pienaar

By bogaande foto skryf mnr. Barend Pienaar op Facebook:

Hier staan ‘n klompie van ons agter die stadsaal. Minder as 100 meter skei ons van omtrent 10 000 geweldenaars. Op ‘n stadium stuur hulle toe ‘n gesant wat ons kom vra of ons net ‘n bietjie verder terug wil staan. Na bewering intimideer ons hulle. Daarop antwoord ons toe dat ons net so ‘n vrye reg as hulle het om daar te mag staan…

Ons dorp lyk beter vanoggend. “Operation Hydrate” het met 5 trokvragte vol water opgedaag wat besig is om uitgedeel te word.

Daar het ook intussen regeringsingryping gekom en ‘n hoëvlakregeringsafvaardiging gaan Sondagmiddag 5 nm vergader in die stadsaal… as dit nie slaag nie gaan die dorp Maandag met meer venyn brand.

Só lyk een van die geboue wat onder oproeriges deurgeloop het:

gebrande_gebou_nylstroom20160219
Dis nie duidelik watse gebou dié is nie, hetsy ‘n klaskamer, hetsy deel van die munisipaliteit, maar hy is verbrand. Foto: Barend Pienaar, Facebook

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.