Van ‘hotnot’ na ‘vuilgat’

Deel op

Die Premier van die Noord-Kaap, Sylvia Lucas, kan weer in die sop wees oor ‘n uitlating wat sy na bewering aan ‘n EFF-wetgewerlid in die provinsie gemaak het.

Lucas is verlede jaar in die Gelykheidshof skuldig bevind aan haatspraak nadat sy die woord “hotnot” tydens ‘n amptelike toespraak gebruik het. Die hof het toe gelas dat sy ‘n openbare verskoning moet aanbied.

Die EFF het Lucas nou daarvan beskuldig dat sy ‘n kru-woord gebruik het, naamlik “vuilgat” toe sy na die EFF-LPW, Mbuyiselo Matebus, verwys het tydens die vorige wetgewersitting.

Lucas sê egter dié beskuldiging is ongegrond.

Harde werk het tot ‘n daling in geweldsmisdaad in die Noord-Kaap gelei, terwyl roof met verswarende omstandighede en kriminele sake in verband met eiendomme steeds ‘n groot kopseer vir die regering is.

Premier Sylvia Lucas het vanoggend tydens haar provinsiale rede in Kimberley gesê dat gemeenskappe se hulp nou ingeroep gaan word.

Lucas sê dit het tyd geword dat inwoners help om hul eie gemeenskappe te beveilig. Sy het gesê die provinsiale regering hou aanstaande maand ‘n beraad om misdaad hok te slaan in ‘n poging om alle belanghebbendes byeen te bring om ‘n konkrete plan van aksie saam te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.