Mosambiekers vlug na Malawi

Deel op

Talle Mosambiekse burgers het reeds na die naburige Malawi gevlug weens toenemende spanning en geweld in die land.

Meer as 6000 Mosambiekers word in ‘n kamp by Kapsie, sowat 100 kilometer suid van Lilongwe in Malawi gehuisves.

Dié toeloop het kommer laat onstaan oor ‘n dreigende humanitêre krisis weens oorbevolking in die kamp.

Mosambiekers sê hulle vlug na die noordelike buurland weens toenemende gevegte tussen regeringsmagte en gewapende magte van die opposisiegroep Renamo.

Regeringsmagte word daarvan beskuldig dat hulle fokus op dorpe lojaal teenoor die opposisie.

Renamo betwis die uitslag van die 2014-verkiesing wat hulle beweer onregmatig was.

Die humanitêre organisasie Dokters Sonder Grense (MSF) het ‘n permanente teenwoordigheid in die streek, met die verskaffing van gesondheidsdienste aldaar.

MSF se veldkoördineerder Whitney Ward sê voortvlugtendes word met harde lewensomstandighede gekonfronteer binne die kampe, en sy sê sy het nog nooit so ‘n vlak van oorbevolking gesien nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.