NWU stem in om sukkelende munisipaliteite te help

Deel op

Die wanprestasie van munisipaliteite in Noordwes was een van die hoofpunte op die agenda by vandeesweek se Lekgotla wat deur lede van die provinsiale Uitvoerende Raad bygewoon is.

Volgens plaaslike regeringswoordvoerder, Brian Setswambung, het die Noordwes-Universiteit ingestem om sy kundigheid in te span om die provinsiale regering by te staan met betrekking tot sukkelende munisipaliteite.

Afgevaardigdes het onder meer ‘n verslag deur die Ouditeur-Generaal (OG) ontvang oor die vordering of gebrek daaraan by munisipaliteite.

Daar is steeds verskeie munisipaliteite wat ernstige aandag verg. Die verslag was veral krities oor die gebrek aan vordering in die Tswaing- en Ventersdorp-munisipaliteite.

Die Lekgotla word beskou as ‘n voorloper tot die Provinsiale Rede, wat volgende Vrydag in Matlosana deur Premier Supra Mahumapelo gelewer sal word.

Die Tlokwe plaaslike munisipaliteit in Noordwes ontken dat hy sowat 90 miljoen rand se skuld afgeskryf het om kiesers in munisipale tussenverkiesings om te koop.

Die burgemeester se woordvoerder, Victor Boqo sê die opposisie se bewering is onverantwoordelik en misleidend.

Hy sê dit getuig van ‘n party wat polities bankrot en desperaat is.

Stemme in Wyk is glo baie gesog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.