Parys-plaasaanval: Staat berispe oor vertragings

Deel op

Landdros Leshnee Pillay het die Staat gewaarsku dat indien sy ondersoek na die moord op twee beweerde plaasaanvallers met die volgende hofverskyning nie afgehandel is nie, sy die nodige stappe sal moet neem.

Dit volg nadat die saak teen vier boere en ‘n polisiekaptein van Parys vanoggend in die plaaslike landdroshof tot 15 April uitgestel is.

Die staat het aangevoer het dat hy steeds wag op uitslae van DNS-toetse, asook ontledings van die beskuldigdes se selfone.

OFM-nuus berig dat al vyf beskuldigdes se borgtog van R5 000 verleng is.

Die boere, Boeta van der Westhuizen, Johan Cilliers snr., sy seun Johan jr. en Anton Loggenberg, is in Januarie in hegtenis geneem weens die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba, wat verdink is van ’n aanval op Van der Westhuizen se pa, Loedie op sy plaas buite Parys.

Kaptein Henk Prinsloo, wat na bewering die boere gehelp het om die mans te vermoor, is voorverlede Woensdag in hegtenis geneem en het saam met die ander mans in die hof verskyn.

Buite die hof het sowat 200 swart betogers “Kill the boer” gesing.

Die twee vermeende aanvallers is in aanhouding dood. Hulle het nog gelewe toe hulle aan die polisie oorhandig is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.