Mugabe draai teen sy oorlogsveterane

Deel op

Die regime van Zimbabwe se president Robert Mugabe het Donderdag min respek getoon vir die sogenaamde bevryding se oorlogsveterane.

Die gevreesde anti-onluste-eenheid het genadeloos oorlogsveterane uitmekaargejaag wat in die hoofstad Harare saamgetrek het.

Hulle betoog teen beweerde aanvalle op hulle deur die Presidentsvrou, Grace Mugabe.

Dele tussen die Stadsportsentrum en die Interpolkantore lyk tans soos ‘n oorlogsone nadat die polisie traanrook en ander skarebeheermetodes aangewend het om die skare uiteen te jaag.

Die oorlogsveterane het president Robert Mugabe ook gekritiseer, en sê dat hy hulle rol in die bevryding van die land misken.

Die betoging volg terwyl die opvolgstryd om die 92-jarige Mugabe begin verskerp het.

Op ‘n stadium het die polisie, gewapen met knuppels en skilde en ‘n paar met gewere, ook beledigings met die voormalige vegters uitgeruil.

Victor Matemadanda, sekretaris van die Zimbabwe Bevrydingsoorlogsveteranevereniging wat uit die groep oorlogsveterane saam met voorsitter, Christopher Mutsvangwa geskors is, gesê hulle sal die hooggeregshof nader vir ‘n interdik teen die polisie se verbod op hulle vergaderings.

“Dit is ongelooflik. Ek dink dit is ‘n historiese dag in die geskiedenis van Zimbabwe, om te wys dat daar verdrukking is met wat hulle nou aan ons doen. Ons blyk onder (voormalige Rhodesiese premier Ian) Smith of onder ‘n Amerikaanse regering te wees, ons weet nie wat nou gebeur nie.”

Hulle het gesê dit is kommerwekkend dat president Mugabe se vrou haar aanvalle op oorlogsveterane voortsit tydens haar warrelwindsaamtrekke regoor die land.

Hulle sê hulle is nie gewapen nie, terwyl die onluspolisie met wapens op hulle toesak.

Vrese dat hulle wel wapens het, en dat dit in ‘n burgeroorlog kan ontaard is gegrond meen ontleders aangesien Zanu-PF wapens uitgedeel het aan die veterane in aanloop tot 2008-verkiesing.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.