Apple weier FBI toegang tot terroris se foon

Deel op

Verlede jaar se dodelike aanvalle in Parys “sou nie gebeur het” sonder die gebruik van geïnkripteerde kommunikasie om die skuldiges in staat te stel om opsporing te vermy nie, het die Amerikaanse NSA-hoof onlangs in ‘n onderhoud verklaar.

Die National Security Agency se direkteur Michael Rogers is Woensdag aangehaal in ‘n Yahoo-verslag waarin hy gerugte bevestig het oor die gebruik van enkripsie in die November-slagting op die strate van Parys deur ondersteuners van die Islamitiese staat.

Sowat 130 mense is in die aanvalle vermoor.

Rogers het aan Yahoo gesê dat “van die kommunikasie” van die Parys-aanvallers “was geïnkripteer” wat intelligensie-amptenare se pogings belemmer het.

As gevolg hiervan, kon hulle nie “vroegtydig optree en verhoed dat Parys gebeur nie”.

Rogers, wat verlede week kommentaar oor die aanvalle gelewer het, het aangesluit by wetstoepassingsbeamptes wat waarsku oor die gevare van nuwe geïnkripteerde toestelle.

Dit maak die opsporing van terroriste moeilik, indien nie onmoontlik nie, sê hy.

Die verslag kom kort nadat Apple geweier het in ‘n Amerikaanse hof om hulp aan die FBI te verskaf.

Die saak spruit voort uit die feit dat ‘n iPhone gebruik is in die aanvalle in San Bernardino, Kalifornië, wat ‘n nuwe front in die koderingsdebat geopen het.

Rogers het gesê hy ondersteun die gebruik van enkripsie vir aanlynsekuriteit, maar het gewaarsku oor die gebruik van toestelle wat nie kan ontsyfer kan word nie.

Die Withuis se woordvoerder Josh Earnest het gesê die FBI het gevra vir toegang tot ‘n enkele toestel, nie alle toestelle nie.

Die Republikeinse voorloper Donald Trump het Apple berispe vir hul gebrek aan samewerking.

“Ek stem 100% met die howe saam… Wie dink hulle [Apple] is hulle? Hulle moet dit oopstel,” het Donald Trump Woensdag aan Fox News gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.