Swart multimiljoenêr se seun aangekla na geweld by UK

Deel op

Onder die swart studente van die Universiteit van Kaapstad wat in hegtenis geneem is weens openbare geweld en die kwaadwillige beskadiging van eiendom, is die seun van multimiljoenêr en Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe.

“Dit bou karakter,” het Molefe gesê en bygevoeg dat hy sy seun ondersteun.

Molefe het Woensdag buite die Wynberg-landdroshof met die media gepraat.

Sy seun is een van die aangeklaagdes wat beskuldig word van die geweld wat gedurende betogings oor armoedige swart behuising op die kampus uitgebreek het.

Swart studente het kunswerke van wittes verbrand omdat hulle glo nie toegang het tot wit behuising nie. Hulle is ontevrede dat hulle “uitgesluit” word omdat hulle swart is.

Volgens die staatsaanklaer Rahidien Cullis, in die Wynberg-landdroshof moes die polisie Dinsdagaand ‘n groep van sowat 200 oproerige studente uitmekaarjaag.

Die swart studente het die polisie met klippe bestook, waarna die polisie van skokgranate gebruik moes maak om hulle te verwilder. Hulle het ook die belhamels in hegtenis geneem.

Die aanklagte teen die sewe studente hou verband met die beskadiging van kunswerke en twee voertuie wat aan die brand gesteek is.

Die kantoor van die vise-rektor Max Price is ook beskadig in ‘n petrolbomaanval.

Nog ‘n student het op ‘n klag van opsetlike beskadiging van eiendom verskyn nadat hy glo ‘n voertuig van die UK se ruite met klippe stukkend geslaan het.

Die saak is tot 30 Maart uitgestel vir verdere ondersoek en om die studente geleentheid te gee om vir regshulp aansoek te doen. Borg is toegestaan aan die agt.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.