Boer oorleef Edenburg-plaasaanval

Deel op

‘n Swart verdagte sal na verwagting Vrydag in die Edenburg-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is in verband met ‘n plaasaanval Woensdag.

‘n Polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die man, sowat 28-jaar-oud, het ‘n vuurwapen in sy besit gehad.

‘n Tweede swart verdagte is in hegtenis geneem vir ondervraging, maar is sedertdien vrygelaat.

Die boer van Edenburg, Ernst Coetzee was vroeg Woensdagoggend uit in die veld. Met sy tuiskoms het hy opgemerk die veiligheidshek by sy huis is oop.

Hy het ‘n inbreker in die huis teëgekom en ‘n gestoei ​​het daarna gevolg. Coetzee is glo in die hand geskiet.

Hy het na die polisiestasie gejaag om die aanval aan te meld en ‘n noodplan is geaktiveer.

Boere is geloof vir hul vinnige optrede wat daartoe gelei het dat beide verdagtes in hegtenis geneem is binne ‘n radius 5km van die plaas, sowat twee-en-‘n-half uur ná die aanval plaasgevind het.

Coetzee is gelukkig nie ernstig beseer nie en het intussen behandeling ontvang by die Mediclinic in Bloemfontein.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.