Nuwe Suid-Afrikaanse tegnologie in 2016

Die wêreld van tegnologie bied elke jaar meer innoverende maniere om ons te vermaak as die vorige jaar. Van revolusionêre aanlynspeletjies programme tot fassinerende geleenthede vir Televisie stroming, is die digitale revolusie verseker geseën met die vermoëe wat nodig is vir die ewig-vermeerdering van vermaak geleenthede.

Hier is ‘n voorsmaak van nuwe tegnologiese uitvindings wat Suid-Afrikaners besig gaan hou in 2016.

Nuwe televisiegeleenthede

Een van die interessantste digitale ontwikkelings, is die manier waarop televisie in die 21ste eeu floreer. Terwyl hulle voorheen slegs in staat was om ‘n hand vol kanale te fasiliteer, stroom kanale soos Showmax nou ‘n groot verskeidenheid televisiereekse en plaaslik vervaardigde flieks soos Ballade vir ‘n enkeling.

Met die nuus dat GOtv by die groeiende rooster Suid-Afrikaanse digitale televisie stasies aansluit, lyk dit asof ons ‘n groter verskeidenheid televisievertonings en flieks in 2016 gaan geniet.

Speletjie-ontploffing

Nie alleen het Suid Afrika onverwagte sukses geniet met onlangse videospeletjies soos Broforce nie, maar Johannesburg het onlangs aangesluit by die gewilde wêreld van mededingende speletjies met ‘n massiewe toernooi waarin die klem op spelers wat meeding vir die miljoenrandprys val.

Dit behels dat die speletjiemileu weg beweeg van tradisionele Suid-Afrikaanse videospeletjies wat voorheen suksesvol was, soos Dungeons. Daar is eerder ‘n groeiende neiging vir maatskappye soos Springbok Casino om ‘n omvattende speletjie-ondervinding in Afrikaans aan te bied, sodat hierdie deelnemers slotmasjiene, roulette en poker kan geniet vanaf die gemak van hulle slimfone.

Sosialemedia-ontwikkeling

Sedert die onverwagte afsterwe van Mxit-klets en die opkoms van oorsese mededinging soos “Whatsapp”, het meer Suid-Afrikaners begin om ander sosiale media  vir hul kommunikasiebehoeftes te gebruik.

Ten spyte van plaaslik vervaardigde mediaprogramme soos 2Go wat belofte toon, is dit ooglopend dat mense hulle wend tot platvorms soos Facebook en Twitter vir hulle sosialemediabehoeftes. Daar is wel hoop vir Afrikaans, aangesien Toeter die eerste sosiale program sal wees wat spesifiek vir Afrikaanssprekendes ontwerp is.

Die Toeterprogram werk baie soos Twitter en Facebook met ‘n landingsblad wat die jongste inligting gee, met die vermoë om gewilde hutsspreuke te skep. Met die verfrissende afwesigheid van advertensies beteken dit dat Afrikaners ‘n momentele voorsprong op hul Engelssprekende vriende het.

So, van aanlyncasinospeletjies tot innoverende digitale televisiekanale, lyk dit asof 2016 vir Suid-Afrikaners ‘n interessante jaar gaan wees, tegnologies gesproke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.